On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Kuruman: Man lank tronk toe vir poging tot moord, aanranding

───   HEIDRÈ MALGAS 13:00 Wed, 03 Jul 2024

Kuruman: Man lank tronk toe vir poging tot moord, aanranding | News Article

“Letlhogonolo Sejake (50) het haar op 2 Desember verlede jaar in haar slaap met ’n byl aangeval.”

’n Man van Kuruman is in die streekhof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord op sy eksmeisie en die aanranding van hul minderjarige seun.

“Letlhogonolo Sejake (50) het haar op 2 Desember verlede jaar in haar slaap met ’n byl aangeval. Hy het ook hul minderjarige seun ernstig beseer,” sê Merapelo Pilane, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

Hy sê Sejake is later daardie dag in hegtenis geneem nadat die voorval by die polisie aangemeld is. “Sejake is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie binne daardie tydperk ’n soortgelyke misdaad pleeg nie.”

‘Hy sal die vonnisse gelyklopend uitdien’

Hy is ook ses jaar gevonnis op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy sal die vonnisse gelyklopend uitdien en is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Die polisiebestuur in die Noord-Kaap het die vonnis verwelkom en hul verbintenis bevestig om die regte van vroue, kinders en weerlose groepe te beskerm.

Hierdie skuldigbevinding weerspieël die voortdurende pogings om geslagsgeweld hok te slaan en te verseker dat oortreders aanspreeklik gehou word vir hul dade.

OFM Nuus het berig namate die geestesgesondheidskrisis onder mans toeneem, kring die vernietigende gevolge daarvan ál wyer uit, veral vir vroue wat slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord word.

Al het pres. Cyril Ramaphosa geslagsgeweld tot ’n nasionale pandemie verklaar, duur die probleem voort en is dringende optrede noodsaaklik.

Die huiwering van mans om hulp te soek, het die probleem vererger wat ’n toksiese omgewing skep waar onbehandelde geestesgesondheidsprobleme kan manifesteer as geweld teen vroue.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.