On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisieman in hegtenis ná ongeluk onder invloed van alkohol

───   HEIDRÈ MALGAS 06:00 Wed, 10 Jul 2024

Polisieman in hegtenis ná ongeluk onder invloed van alkohol | News Article
Foto: SAPD

“Omstreeks 16:30 het die beampte glo sy privaat voertuig in ‘n huis in gery, terwyl hy onder die invloed van alkohol was.”

’n Polisieman wat van diens af was, is in hegtenis geneem na ’n beweerde ongeluk in Montana, Sunrise in De Aar op Maandag (8/7).

“Omstreeks 16:30 het die beampte glo sy privaat voertuig in ’n huis in gery, terwyl hy onder die invloed van alkohol was,” sê Sergio Kock, polisiewoordvoerder.

Die beskuldigde, ’n 35-jarige manlike konstabel verbonde aan die polisiespeurdiens in Vosburg, is sonder ernstige beserings op die toneel in hegtenis geneem.

‘Drie polisielede is in hegtenis geneem, nadat hulle glo ’n verdagte omgekoop het’

Die Sunrise Polisie is tans besig om klagte van roekelose en nalatige bestuur, asook bestuur onder die invloed van alkohol, te ondersoek. Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus het voorheen berig dat drie Noordwes-polisielede op Maandag (26/2) in hegtenis geneem is nadat hulle glo ’n verdagte omgekoop het.

Die klaer het beweer dat die beamptes omkoopgeld van hom gevra het om hom nie in hegtenis te neem nie. Tinyiko Mathebula, Noordwes Valke-woordvoerder, sê dat drie speurders, onderskeidelik 39, 44 en 48 jaar oud, glo R6 000 geëis het. Die klaer kon slegs R2 000 betaal.

‘’n Polisiebeampte het tereg gestaan op aanklag van poging tot moord’

Daar word verder beweer dat die beamptes hom later gekontak het en die uitstaande bedrag geëis het. Die saak is by die Valke aangemeld, ’n lokval is gestel en drie beamptes is net ná die ontvangs van die R4 000 in hegtenis geneem.

In Oktober 2023 het ’n Bloemfontein polisiebeampte van die VIP-beskermingseenheid tereg gestaan op aanklag van poging tot moord na die afvuur van ’n vuurwapen in ’n openbare ruimte.

Vusimuzi Matthews Makhaza (49) is op ’n waarskuwing vrygelaat, nadat hy ’n kort verskyning in Bloemfontein gemaak het.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.