On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Verkeersopeenhoping ná ongeluk op N1 by Bloemfontein

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:39 Wed, 10 Jul 2024

Verkeersopeenhoping ná ongeluk op N1 by Bloemfontein | News Article
Die vragmotor het Woensdag omgeslaan. Foto: OFM Nuus

“Die een vragmotor het teen ‘n ander stilstaande vragmotor gebots.”

Die N1 suidwaarts by Bloemfontein was Woensdag (10/7) vir ‘n geruime tyd gesluit ná ‘n ongeluk.

“Die een vragmotor het teen ‘n ander stilstaande vragmotor gebots,” sê Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder. Die ongeluk het ‘n verkeersophoping tussen die Kenneth Kaunda-afrit en die Nelson Mandela-afrit veroorsaak.

Die vragmotor wat teen die stilstaande vragmotor gebots het. Foto: OFM Nuus

“Tydens die verkeersopeenhoping het ongeduldige motoriste, asook ‘n vragmotorbestuurder op die middelman van die snelweg gery om die ongelukstoneel te vermy. Die vragmotor se vrag was egter te swaar en dit het die vragmotor laat kantel,” sê Mpakane.

Die vragmotor het omgeslaan omdat sy vrag te swaar was. Foto: OFM Nuus

Een persoon is ernstig beseer en nog een het matige beserings opgedoen. 


OFM Nuus het vroeër berig 'n polisieman wat van diens af was, is in hegtenis geneem ná ’n beweerde ongeluk Maandag (8/7) in De Aar. 

“Omstreeks 16:30 het die beampte  met sy private voertuig in ’n huis vasgery, terwyl hy onder die invloed van drank was,” sê Sergio Kock, polisiewoordvoerder.

Die 35-jarige konstabel verbonde aan die polisiespeurdiens in Vosburg is nie beseer nie en is op die toneel in hegtenis geneem.

 Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus dg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.