Central SA
Lisensiebedrog: Valke trek twee in Vrystaat vas─── 11:10 Sat, 13 Jul 2024
“Administratiewe klerk (41) het padwaardige motorvoertuigsertifikate uitgereik sonder dat die voertuie enige toetse ondergaan het.”
Twee verdagtes, onderskeidelik 41 en 54 jaar oud, is op Vrydag (12/7) in Welkom en Odendaalsrus in hegtenis geneem deur lede van die Valke se Ernstige Korrupsie Ondersoekspan gebaseer in Welkom, saam met Bloemfontein Digital Forensic Investigation (DFI) asook die Plaaslike Kriminele Rekordsentrum, gebaseer in Welkom en Odendaalsrus.
#sapsHAWKS Free State: Two suspects, aged 41 and 54, were arrested on Friday, 12/07, in Welkom and Odendaalsrus by members of the #Hawks for fraudulent licensing of motor vehicles in Welkom.
— SA Police Service ???? (@SAPoliceService) July 13, 2024
Information was followed up by the Hawks since 2022. Thorough investigation was… pic.twitter.com/flxVPoY5Uh
Hul inhegtenisneming spruit uit inligting wat gedurende 2022 deur die Valke ontvang is oor verdagtes wat betrokke is by bedrieglike aktiwiteite wat verband hou met die lisensiëring van motorvoertuie.
In die eerste voorval word beweer dat ’n administratiewe klerk (41), wat ten tyde van die voorval by Welkom se verkeersdepartement gesetel was, padwaardige motorvoertuigsertifikate uitgereik het sonder dat die voertuie enige toetse ondergaan het.
In ’n ander voorval is inligting ontvang oor ’n 54-jarige verdagte, wat na bewering besig was om bedrieglike voertuiglisensieskyfies aan lede van die publiek te verkoop. Die verdagte het dit vanaf sy woning in Thabong gedoen.
Polisiewoordvoerder kapt. Christopher Singo sê inligting is sedert 2022 deur die Valke opgevolg in albei voorvalle. Deeglike ondersoeke is gedoen wat gelei het tot die verdagtes se inhegtenisneming.
OFM Nuus cg

