On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Bloedskenkers in Sentraal-SA, kom skenk vir Mandeladag

───   ZENANDE MPAME 11:46 Tue, 16 Jul 2024

Bloedskenkers in Sentraal-SA, kom skenk vir Mandeladag | News Article
Bloedskenkers in Sentraal-SA, kom skenk vir Mandeladag. Foto: SANBS

“Ons is trots om Mandeladag te vier deur die geskenk van die lewe deur bloedskenking te bevorder.”

Om Mandeladag op Donderdag (18/7) te vier, vra die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) alle bloedskenkers om in groot getalle bloed te skenk.

Die tema vir vanjaar se veldtog is “Dit is in jou hande”, wat die krag van individuele optrede beklemtoon om gemeenskappe te omskep en lewens te red deur bloed te skenk.

Die diens nooi alle Suid-Afrikaners om aan Mandeladag deel te neem deur hul naaste bloedskenksentrum te besoek om Mandela se nalatenskap te eer en ’n betekenisvolle verskil te maak.


“Die SANB doen ’n beroep op alle bloedskenkers om hul deel te doen en drie lewens te red hierdie Mandeladag, deur te skenk en hoop en geluk aan miljoene te bring,” sê Jana Wallace, die diens se hoof van skenkerverhoudinge in die Vrystaat en Noord-Kaap.

“Dit is een van die eenvoudigste maniere om aktiewe burgerskap te beoefen en om lewens te transformeer.”

"Sy herinner mense daaraan dat bloedskenkers elke 56 dae kan skenk om ’n bestendige voorraad lewensreddende bloed te verseker vir diegene in nood. “Ons is trots om Mandeladag te vier deur die geskenk van lewe deur bloedskenking te bevorder.”

Die bloedvoorraadvlakke is op vyf dae vir bloedgroepe B en O positief. Foto: SANBS

Vanjaar se tema versterk die opvatting dat almal die vermoë en verantwoordelikheid het om positief tot die samelewing by te dra, meen sy.

Skenkersentrums sal op hul gewone tyd van 08:00 of 09:00 oop wees en om 17:00 of 18:00 sluit.

Die bloeddiens moet ’n bloedvoorraadvlak van vyf dae vir elke bloedgroep handhaaf om volgehoue bloedbeskikbaarheid vir behoeftige pasiënte te verseker. Die bloedvoorraadvlakke is op vyf dae vir bloedgroepe B en O positief.

SANBS vra nuweling- en gereelde skenkers aan om bloedvoorraad by skenkersentrums landwyd aan te moedig. Foto: SANBS

“Bloedskenking leef (oudpres. Nelson) Mandela se waardes van deernis en solidariteit uit en verseker dat lewegewende bloed diegene bereik wat daarvan afhanklik is,” sê Thandi Mosupye, senior SANB-bemarkingsbestuurder.

SANBS vra nuweling- en gereelde skenkers aan om bloedvoorraad by skenkersentrums landwyd aan te moedig. Kwalifiserende skenkers van 16 tot 75, wat meer as 50 kg weeg en goeie gesondheid geniet, kan hul naaste skenkingslokaal deur die SANB-webtuiste se skenkersentrumkaart opspoor.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.