Central SA
Krag herstel in JB Marks-munisipaliteit ná vandalisme by substasie─── ZENANDE MPAME 15:43 Wed, 17 Jul 2024
“Tegnici het gister onverpoosd gewerk om skade by Poortjiedam substasie te herstel.”
Krag is herstel na inwoners van Potchefstroom wat van Maandag (15/7) sonder elektrisiteit gelaat is weens vandalisme by die Poortjiedam-substasie.
Panele is by die substasie gestroop wat dit beskadig en in gedrang gelaat het. Dit het JB Marks-munisipaliteit genoop om alles af te skakel totdat herstelwerk afgehandel is.
Die Poortjedam-substasie is die primêre verspreidingspunt van elektrisiteit na beide Promosa en Mohadin, Potchefstroom.

Die substasie het groot skade aan bedrading gely. Foto verskaf
Die substasie is gevandaliseer toe panele gestroop is wat die elektriese beskerming van die substasie ernstig beskadig en in gedrang gelaat het, Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, gesê.
“Die substasie het groot skade aan bedrading gely en die span tegnici kon die skade herstel en elektrisiteit in die geaffekteerde gebiede herstel.”
“Dit was lewensbelangrik om die substasie af te skakel totdat herstelwerk gedoen is, net om verdere skade aan toerusting te vermy en om die hele substasie heeltemal te blaas. Ongelukkig sal die hele dele van Promosa en Mohadin sonder krag wees vir die duur van die herstelwerk,” het sy gesê.

Skade by die substasie na die vandalisme. Foto verskaf
In Mei het inwoners van Promosa ’n betoging gehou weens die herhalende kragonderbrekings wat vir die derde agtereenvolgende week plaasgevind het en ongekende ontwrigting veroorsaak het.
Potchefstroom Herald berig die elektrisiteit is aanvanklik om middernag afgesny en die volgende oggend om 06:00 herstel. Die gemeenskap het hierdie onderbrekings sonder protes geduld.
Toe die onderbrekings egter vroeër in die aande begin voorkom, het die inwoners van Promosa besluit om op te tree deur die pad met brandende bande te versper. Enkele minute nadat hulle die brande gestig het, is die krag herstel.

Tegnici het gister onverpoosd gewerk om skade by Poortjiedam substasie te herstel. Foto verskaf
In Junie het boodskappe op sosiale media die rondte gedoen oor ’n 33 uur lange kragonderbreking wat op inwoners van Potchefstroom gewag het. Maar dit is vinnig deur Tshite aan die kaak gestel.
“Ek kan bevestig dat ek met die munisipale direkteur gepraat het en die boodskappe oor ’n drie dae lange onderbreking vir die inwoners van JB Marks is heeltemal vals.”
