On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Mans laat vrou van Upington glo gebed sal haar geld vermeerder

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:15 Mon, 22 Jul 2024

Mans laat vrou van Upington glo gebed sal haar geld vermeerder | News Article
Foto: iStock

"Die verdagtes is met R345 000 in hul besit gevind en is dadelik in hegtenis geneem."

Drie mans wat 'n vrou oortuig het dat haar geld deur gebed sal vermeerder sal binnekort in die landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

“Die vrou van Upington het vir die slenter geval en glo R600 000 geleen nadat die drie beskuldiges aan haar gesê het haar geld sal deur gebed vermeerder, sê  Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

Danksy die vinnige reaksie van die Upington-grenspolisie het die vrou net R135 000 verloor.

‘Die grenspolisie het dadelik ondersoek ingestel’

Misdaadintelligensie het die grenspolisie laat weet oor 'n bedrogspul waar die verdagtes besig was om 'n vrou te bedrieg wat 'n groot bedrag geld geleen het. “Die grenspolisie het dadelik ondersoek ingestel en probeer om die vrou op te spoor om die transaksie te stop.”

Die vrou is Donderdag (18/7) deur die polisie opgespoor en sy het reeds die vorige dag R480 000 aan die bedrieërs oorhandig. Die polisie het inligting ontvang dat die mans van Upington na Olifantshoek onderweg is.

“Met die hulp van die Z.F. Mgcawu-hoofwegpatrollie het die polisie die verdagtes op die N14 voorgekeer voordat hulle Olifantshoek kon bereik. “Die verdagtes is met R345 000 in hul besit gevind en is dadelik in hegtenis geneem,” sê Masegela.

Weens die bedrieglike aktiwiteite het die SAID ’n verlies van meer as R1,2 miljoen gely.

’n Sakeman van Bloemfontein en sy Nigeriese rekenmeester moet weer op 2 Augustus in die hof verskyn vir bedrog. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die SAID van 2018 tot 2020 uit meer as R1 miljoen bedrieg het, sê Christopher Singo, Vrystaatse Valke-woordvoerder.

Molefi Nephthali Tloome (49), eienaar van PPK Engineering & Construction, en Eguleme Dee Ebeye (53) het Donderdag (11/7) op aanklagte van die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat hulle na bewering bedrieglike belastingopgawes ingedien het.

Hulle is op borgtog van onderskeidelik R2 500 en R1 500 vrygelaat. “Ná ’n voorlopige ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is die twee se bedrieglike aktiwiteite ontdek,” sê Singo. “’n Ondersoeker het vasgestel hulle het vervalste 201-opgawes vir BTW ingedien.”

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.