On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Ondertekening van Orania se onafhanklikheid vorder nie

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:56 Sun, 28 Jul 2024

Ondertekening van Orania se onafhanklikheid vorder nie | News Article
Baie is reeds by die Gannabos-behuisingsprojek gedoen in die groeiende woonbuurt Kleingeluk, waarborg dié projek nuwelinge bekostigbare behuising. Foto: X

“Ons kan ’n bietjie terugsit en die ding ordentlik laat gebeur.”

Daar is steeds geen vordering in die ondertekening tussen die Orania-verteenwoordigende raad (OVR) en die Noord-Kaapse regering om Orania onafhanklik te verklaar nie.

Die ondertekening moet egter nou deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gaan, omdat die ANC nou van hulle kant af gesê het hulle wil dit as ’n nasionale kwessie hanteer, nie provinsiaal nie, sê Wynand Boshoff, Noord-Kaapse VF Plus-leier.

‘Die ANC het besluit om met VF Plus saam te werk’

Die VF Plus het vroeër ’n voorstel by die ANC in die Noord-Kaap ingedien vir die party om Orania se onafhanklikheid te erken. Ná afloop van die verkiesing het die ANC, wat nie ’n meerderheid in dié provinsie kon behaal nie, besluit om saam met die VF Plus te werk om dr. Zamani Saul weer as premier aan te stel.

Die ondertekening is vroeër in Junie uitgestel weens die vorming van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE).

Boshoff sê met sy vorige gespek met die Noord-Kaapse premier, was daar aan hom genoem dat die NUK ná Mandeladag oor die versoek sal vergader. “Ek was onder die indruk dat dit die naweek van die 21ste Julie sou wees, maar soos dit nou voorkom, sal dit eers die komende naweek (2 Augustus) wees.”

“Ek is vol vertroue dat die ondertekening wel sal plaasvind. Die belangrikste vir ons is om dit gedoen te kry, nie om dit binne ’n sekere aantal dae gedoen te kry nie. Ons is nie gebonde aan 14 dae wat die Grondwet toeken vir ’n nuwe regering om tot stand te kom nie. Ons kan ’n bietjie terugsit en die ding ordentlik laat gebeur.”


Volgens Boshoff was daar in die media heelwat oordrewe weergawes van wat met die ooreenkoms bewerkstellig of beplan word.

“Dit laat dit klink asof iets tot stand kom wat nog nooit deel van die gesprek was nie, terwyl die hele gedagte van die ooreenkoms eintlik is om praktyke, werkwyses en ooreenkomste wat oor 20 of 30 jaar tot stand gekom het, in ’n verklaring saam te vat.

“Met ander woorde, dit verander niks. Dit bring nie iets nuuts tot stand nie, maar dit vat wel ’n hele klomp praktyke en ooreenkomste oor baie jare saam.”

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.