On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Gamagara-munisipaliteit probeer eer steel van Kathu-sakelui

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:47 Thu, 01 Aug 2024

Gamagara-munisipaliteit probeer eer steel van Kathu-sakelui | News Article
Die Gamagara-munisipaliteit spog met foto’s van AfriForum en ander belanghebbendes se harde werk. Foto: Facebook

“Die munisipaliteit het jare lank versuim om stoptekens op hierdie straat te vervang en duidelike padmerke te verf. Nou spog hulle met foto’s van AfriForum en ander belanghebbendes se harde werk.”

Sakelui en organisasies op Kathu is ontsteld omdat die munisipaliteit die eer wil inoes vir ’n projek waaraan hulle geen bydrae gehad het nie.

AfriForum se Kathu-tak het saam met ander belanghebbendes en plaaslike ondernemings die inisiatief geneem het om padmerke in Rietbokstraat te verf en die omgewing skoon te maak.

Die Gamagara-munisipaliteit het egter ’n Facebook-plasing geskep wat impliseer dat hy verantwoordelik is vir die werk.

Padmerke word in Rietbokstraat geverf. Foto: Afriforum.

“Die munisipaliteit het jare lank versuim om stoptekens op hierdie straat te vervang en duidelike padmerke te verf,” sê Werner Strauss, AfriForum se Kalahari-distrikskoördineerder. “Nou spog die munisipaliteit met foto’s van AfriForum en ander belanghebbendes se harde werk, en maak asof hulle die werk gedoen het.”

AfriForum se Kathu-tak het 20 L geel verf en 20 L wit verf gebruik om die padmerke te verf, terwyl vrywilligers vullis opgetel en die omgewing skoongemaak het.

Belanghebbendes besig om die omgewing skoon te maak. Foto: Afriforum

Henriette du Plessis, vorige burgemeester en DA-raadslid, het haar verbasing uitgespreek dat die ANC-burgemeester die erkenning wil kry vir die werk wat AfriForum en die plaaslike DA gedoen het.

“Tydens die skoonmaakaksie het ons ’n gebrek aan stoptekens in die middedorp opgemerk. Ons het AfriForum genader, en hulle het meer as R4 000 se verf gekoop.”

Burgemeester Johannes Roman pronk in ’n Facebook-inskrywing by beamptes van die verkeersafdeling waar vrywilligers padmerke verf. Foto: Facebook

Volgens du Plessis het die munisipaliteit net strepe en ’n bykomende stopstraat kom verf nadat hulle gevra is om dit te doen. “Die DA het die stoptekens gekoop en laat installeer. Ons is stomgeslaan dat die munisipaliteit se inskrywing geen krediet aan enigiemand gee nie en ook nie enige van die rolspelers noem nie.

“Ons was bly om te sien hoe die burgemeester daar foto’s neem, maar ons het nie besef dit was sy bedoeling. Dit is nie hoe ’n leier optree nie.”

AfriForum se Kathu-tak het 20 L geel verf en 20 L wit verf gebruik om die padmerke te verf. Foto: Afriforum

Strauss gevoeg by dat die munisipaliteit die eer wil inoes vir die hele projek terwyl hulle nie eers basiese take kon verrig nie. “Dit is lagwekkend dat die munisipaliteit foto’s neem van harde werk en hulself op die skouer klop vir werk wat hulle nie gedoen het nie. Ons sal egter aanhou om ons deel te doen om totale verval in die dorp te voorkom.”

Volgens Strauss sal hulle voortgaan om saam te werk met sakeondernemings, organisasies en gemeenskapslede omdat hulle droom van ’n beter dorp. “Daar is baie mense wat werklik ’n verskil maak, en ’n verskil wíl maak, wat ons hoop gee!”

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.