On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Transitorower gevonnis

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:11 Mon, 05 Aug 2024

Transitorower gevonnis | News Article
Transitorooftog van die G4S-veiligheidsmaatskappy. Foto: OFM

“Madlala (49) het op 20 Desember 2021 veiligheidsbeamptes van die G4S-veiligheidsmaatskappy beroof toe hulle besig was om ’n OTM in ’n winkelsentrum in Rocklands, Bloemfontein, te laai.”

’n Man van Bloemfontein is Vrydag (2/8) in die Bloemfonteinse landdroshof gevonnis vir transitorooftogte.

Nzimeni Petrus Madlala is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis en nog vyf jaar weens motordiefstal, sê kapt. Christopher Singo, Vrystaatse Valke-woordvoerder.

“Madlala (49) het op 20 Desember 2021 veiligheidsbeamptes van die G4S-veiligheidsmaatskappy beroof toe hulle besig was om ’n OTM in ’n winkelsentrum in Rocklands, Bloemfontein, te laai.”

‘Madlala is op 3 Januarie 2022 aangekeer’

Volgens Singo is die beamptes deur swaar gewapende mans aangehou wat geld van hulle geëis het. “Hulle het die sakke met die geld, twee pistole en tweerigtingradio’s, asook twee selfone geroof.”

Die bedrag geld wat gesteel is, is onbekend.

“Nadat die Valke die ondersoek oorgeneem het en deeglike ondersoekwerk gedoen is, is Madlala op 3 Januarie 2022 aangekeer, terwyl sy makkers nog op vrye voet is,” sê Singo.

‘Drie Zimbabwiese burgers is Vrydag (1/8) in hegtenis geneem’

In ’n afsonderlike saak sal drie buitelanders Maandag (5/8) in die Lichtenburgse landdroshof verskyn weens die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Drie Zimbabwiese burgers is Vrydag (1/8) tydens ’n gesamentlike poging tussen die polisie en werknemers van private sekuriteitsmaatskappye in hegtenis geneem, sê brig. Sabata Mokgwabone, Noordwes-polisiewoordvoerder.

“’n Verdagte wit Ford Ranger-voertuig met drie insittendes is Woensdag (31/8) op Lichtenburg opgemerk. Met behulp van kringtelevisiekameras het Lichtenburg se sigbare polisiëring, honde-eenheid en CIB Sekuriteitslede die beweging van die voertuig gemonitor, wat in die rigting van Mahikeng gery het.”

‘Die voertuig is voorgekeer en een passasier het probeer weghardloop’

Volgens Mokgwabone is dieselfde voertuig Woensdag (1/8) opgemerk wat Lichtenburg binnery met vragmotorbande op. Die voertuig is voorgekeer en een passasier het probeer weghardloop, maar hy (32) en twee ander verdagtes, onderskeidelik 37 en 38 jaar oud, is vasgetrek.

Daar is vasgestel dat die drietal die bande van vragmotors by Ramatlabama-grenspos in die Mahikeng-polisiëringsgebied gesteel het.

OFM Nuus mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.