On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie soek ‘persoon van belang’ in Upington-gesinsmoord

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:01 Wed, 14 Aug 2024

Polisie soek ‘persoon van belang’ in Upington-gesinsmoord | News Article
Letsekang Zwelifile. Foto: Polisie

"Die polisie glo dat die persoon waardevolle besonderhede kan hê wat in die ondersoek kan help."

Die Paballelo-polisie op Upington is steeds op soek na ’n persoon van belang wat belangrike inligting kan hê om ’n moordsaak op te los.

Die ondersoek duur voort nadat Botlabosele Elizabeth Mafeto (31) op 8 Junie met noodlottige steekwonde in haar kroeg in die Upingtonse township ontdek is, sê Noord-Kaapse polisiewoordvoerder Omphile Masegela. “Die polisie glo Letsekang Zwelifile (42) kan waardevolle besonderhede hê wat in die ondersoek kan help. Ten spyte van intensiewe pogings is niemand nog in hegtenis geneem nie.”

Masegela doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor die voorval of wat weet waar Zwelifile hom bevind, om speurkonst. Andy Mona by 082 469 5824 te nader. Alle wenke sal met die grootste vertroulikheid hanteer word.

Foto ter illustrasie: iStock

Intussen is John Marumoagae (52) van Hartbeesfontein in Noordwes tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy eksmeisie.

“Marumoagae is Donderdag 1 Augustus in die hooggeregshof in Klerksdorp gevonnis,” het Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, gesê. “Die beskuldigde, wat as ’n veiligheidswag gewerk het, het op 18 Februarie verlede jaar ná werk ’n taverne besoek. Hier het hy en Duduetsang Mokgethi (29), sy eksmeisie, stry gekry.

Hy het haar daarvan beskuldig dat sy verneuk.

Mokgethi se liggaam is die volgende dag deur ’n verbyganger in ’n oop veld gevind. Die polisie is ontbied. Hulle ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van Marumoagae, maar weens onvoldoende bewyse is die saak nie ingeskryf nie.

Die hof het John Marumoagae lewenslange tronkstraf opgelê. Foto ter illustrasie: iStock

Die teenbende-eenheid het die ondersoek oorgeneem en vasgestel Marumoagae het versekering op Mokgethi se lewe uitgeneem sonder haar medewete. Die versekering het nie uitbetaal nie. Marumoagae is op Dinsdag 20 Junie verlede jaar in hegtenis geneem en borgtog is teengestaan.

Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis en onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.