On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste meisies van Bloemfontein gevind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:02 Wed, 14 Aug 2024

Vermiste meisies van Bloemfontein gevind | News Article
Die vermiste meisies is veilig op ’n plaas by Jacobsdal gevind. Foto ter illustrasie: Facebook

“Twee meisies het op 2 Augustus by hul skool in Fichardtpark vermis geraak.”

Die twee tienermeises wat amper twee weke vermis was, is gevind.

Die 15-jarige en 16-jarige het op 2 Augustus by hul skool in Fichardtpark vermis geraak, sê kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder. “Danksy die vinnige en samewerkende pogings van ons toegewyde beamptes en die waaksame lede van die publiek is hulle Woensdagoggend (14/8) veilig op ’n plaas by Jacobsdal gevind.”

Die polisie kan nie op die oomblik nadere besonderhede bekend maak oor die omstandighede waaronder hulle weggeraak het of weer gevind is nie.

‘Liggaam van hoofseun uit Vaaldam gehaal’

Intussen is die liggaam van die hoofseun van die Greenside High School in Johannesburg Dinsdag (13/8) omstreeks 16:00 uit die Vaaldam gehaal nadat hy Sondag (11/8) verdrink het.

Reza Saloojee (18) het dié dag saam met vriende en familie visgevang toe van die visgerei in die dam beland het. Hy wou die toerusting uithaal, maar het onder die water verdwyn en is ná drie dae deur die polisie se duikeenheid gevind.

Reza Saloojee het Sondag verdrink. Foto: Facebook

Volgens Earle is dit belangrik om daarop te let dat daar geen wagtydperk is om vermiste geliefdes aan te meld nie. Gemeenskapslede word aangemoedig om dit dadelik by die naaste polisiekantoor aan te meld.

Indien jy ‘n vermiste persoon wil aanmeld, is die volgende belangrik: 

  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
  • Verskaf 'n volledige beskrywing van die vermiste persoon se laaste verblyfplek, klere wat hulle gedra het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Voltooi en onderteken ’n SAPD 55(A)-vorm. Hierdie vorm vrywaar die polisie om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar mag word.

Indien ’n vermiste persoon gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n SAPD 92-vorm moet voltooi word om die Buro vir Vermiste Persone in kennis te stel dat die vermiste persoon se verslag uit die sirkulasiestelsel verwyder kan word.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mc/dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.