On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Meyerton-leerling Megan ‘se fluit is nou stil’

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:57 Wed, 14 Aug 2024

Meyerton-leerling Megan ‘se fluit is nou stil’ | News Article
Megan Wallace. Foto Facebook

“Megan is vroeër met longontsteking in die hospitaal opgeneem, waarna haar toestand vinnig versleg het.”

Die leerder van Hoërskool Dr. Malan wat onverwags gesterf het, word Donderdag (15/8) gegroet.

Megan Wallace, ’n gr. 11-leerder, is ’n week gelede weens longontstekking oorlede, sê Elsabe Troskie, adjunkhoof van die Hoërskool Meyerton in die Vaaldriehoek.

“Megan is vroeër met longontsteking in die hospitaal opgeneem, waarna haar toestand vinnig versleg het. Sy is Woensdagaand per helikopter na die Netcare Millpark-hospitaal in Johannesburg vir noodbehandeling oorgeplaas, maar is kort daarna oorlede."

Troskie beskryf Megan as “’n geliefde meisiekind met ’n warm, saggeaarde persoonlikheid”. 

“Sy het harte verower met stywe drukkies en haar positiewe gees. Ons nederige Megan was besonder talentvol, en het uitgeblink in veral netbal en dans. Ons sal haar onthou vir die wyse waarop sy geesdriftig gelewe en (lief gehad het). Megan laat ’n reusegat in ons Dokkies-hart.”

Die Laerskool Drie Riviere skryf op Facebook hul skoolgemeenskap se hart is “in stukke oor die skielike heengaan van Megan Wallace. Ons betuig ons innige meegevoel met die skool, Megan se familie en haar vriende gedurende hierdie ongelooflik moeilike tyd. Mag die gekoesterde herinneringe aan Megan vir jou vertroosting en vrede bring in die dae wat voorlê.”

Talent Africa het ook hul medelye betoon nadat Megan in 2018 die Miss IPP Grand Supreme-titel gewen het en ook in 2019 as die gesig van Talent Africa aangewys is.

“Megan Wallace, mooiste meisie, jy was ’n sonstraalkind. Jy was asemrowend verby. Rus sag by liewe Jesus, Hy het sy mooiste engel kom haal,” skryf Estelle Spies.

Megan is vroeër met longontsteking in die hospitaal opgeneem. Foto: Facebook

Troskie betuig namens die skool hul innige meegevoel met Megan se ouers, Robert en Tanya, asook haar suster, Rochelle.

“Megan, jou plekkie is leeg. Jou fluit nou stil, maar jou nagedagtenis leef voort in elke Dokkie-hart,” lui ’n inskrywing van Hoërskool Dr. Malan.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.