On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Reeksverkragter verskyn in Welkomse hof

───   09:36 Fri, 16 Aug 2024

Reeksverkragter verskyn in Welkomse hof | News Article

“Sy kriminele gedrag het vererger en hy het medepligtiges gekry.”

’n Reeksverkragter het Donderdag (15/8) in die Welkom-landdroshof verskyn nadat sy DNS hom met 12 sake verbind het.

Richard Bongani Mazibuko (42), wat ook die van Dlangezwa gebruik, is in hegtenis geneem nadat hy met 12 sake verbind is. 

Dié gevalle is in Welkom, Thabong, Bultfontein, Bothaville, Odendaalsrus en Virginia aangemeld. Die sake dateer so ver terug as Januarie 2011 toe hy by ’n huis ingebreek het, die meisie (12) wat hy in die huis gekry het verkrag het en waardevolle items uit die huis in Welkom gesteel het. 

‘In sommige voorvalle, sou Mazibuko die vrou verkrag’

Sy kriminele gedrag het vererger en hy het medepligtiges gekry wat saam met hom na huise sou gaan, die inwoners beroof en dan, in sommige voorvalle, sou Mazibuko die vrou verkrag.

Die saak is na die reeks- en elektroniese misdaadondersoekeenheid (SECI) in die Vrystaat oorgeplaas om die verband tussen al die gevalle, in samewerking met die NVG, te bepaal.

Mazibuko het vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 22 Augustus 2024 vir verdere ondersoek uitgestel.

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.