Central SA
Man van Welkom met 12 verkragtingsake verbind─── CHARNÉ VAN DER MERWE 13:46 Fri, 16 Aug 2024
“Meer as 900 sake van verkragting en seksuele aanranding word elke maand sonder ’n oplossing gesluit.”
’n Man van Welkom wie se DNS met ’n dosyn verkragtings verbind word, moet Donderdag (22/8) weer in die hof verskyn.
“Richard Bongani Mazibuko (42) wat ook die van Dlangezwa gebruik het, het Donderdag(15/8) vlugtig in die landdroshof in Welkom verskyn,” sê kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder. Mazibuko is in 2019 vir huisroof aangekeer en ná ’n intensiewe ondersoek word hy verbind met minstens twaalf verkragtings in Welkom, Thabong, Bultfontein, Bothaville, Odendaalsrus en Virginia.”
Vroue tydens rooftogte verkrag
Mazibuko se saak is toe verwys na ’n spesialisafdeling van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe wat met behulp van die NVG al die stukke van die legkaart bymekaargesit het.
“Van die sake dateer selfs van Januarie 2011 toe hy by ’n huis in Welkom ingebreek en ’n meisie (12) verkrag en daarna met waardevolle besittings gevlug het,” sê Earle. Mazibuko se misdade het na bewering mettertyd toegeneem. Hy het glo medepligtiges ingespan om saam met hom huise te beroof toe hy na bewering tydens die rooftogte vroue in die huise verkrag het.
‘Die slagoffers se bankrekenings is leeggemaak’
“Na verneem word het Mazibuko en sy makkers die slagoffers gedwing om geld elektronies oor te plaas, en in sommige gevalle het hulle die slagoffers se bankrekenings met duisende rande daarin leeggemaak.”
Bheki Cele, voormalige minister van polisie, het in Mei gesê meer as 900 sake van verkragting en seksuele aanranding word elke maand gesluit.
Die situasie beklemtoon ernstige kommer in sakebestuur, asook die voortdurende kwessies van personeeltekorte en kapasiteit binne die speurdienste, sê Lisa Schickerling, die DA se adjunkwoordvoerder oor polisie. “Hierdie syfers beteken dat ongeveer 32 slagoffers van verkragting en seksuele aanranding daagliks geregtigheid geweier word.
Skokkende syfers
“Van 2018 tot 31Desember verlede jaar is 76 655 moordsake, 40 089 sake van poging tot moord, 141 026 sake van ernstige aanranding, 256 162 sake van roof met verswarende omstandighede, 61 740 sake van verkragting, 5 523 sake van seksuele aanranding, 5 523 sake van seksuele aanranding, 5 523 sake van seksuele aanranding gesluit,” sê sy, wat beteken niemand is suksesvol vervolg nie.
Die DA het ook onthul 5,4 miljoen sake is sedert die 2018/2019-boekjaar gesluit weens ’n gebrek aan bewyse of leidrade, waarvan byna 80 000 moordsake is en meer as 61 000 verkragtingsake.
OFM Nuus/Charne van der Merwe dg
