On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Valke soek verdagtes ná gewapende rooftogte op Virginia, Odendaalsrus

───   HEIDRÈ MALGAS 10:38 Sat, 17 Aug 2024

Valke soek verdagtes ná gewapende rooftogte op Virginia, Odendaalsrus | News Article

“Toe een van die sekuriteitswagte die winkel binnestap, is hy deur drie gewapende verdagtes ingewag.”

Die Valke in Welkom is op soek na ’n groep verdagtes wat betrokke was by twee rooftogte op Virginia en Odendaalsrus.

"Op Maandag 22 Julie het ’n geldwa by ’n ysterwarewinkel op Virginia aangekom om kontant op te laai, soos beplan. Toe een van die sekuriteitswagte die winkel binnestap, is hy deur drie gewapende rowers ingewag,” sê Zweli Mohobeledi, Valke-woordvoerder.

Hy sê die wag is ontwapen en die verdagtes het met ’n onbepaalde bedrag kontant weggekom. Hulle het die toneel in ’n silwer Toyota Corolla verlaat. Een van die verdagtes het ’n blou oorpakbaadjie en ’n groen hoed gedra.

Op ’n soortgelyke wyse, op Maandag 12 Augustus, het nog ’n geldwa by ’n vulstasie naby die taxistaanplek op Odendaalsrus gestop. Toe ’n sekuriteitswag die perseel binnegaan om kontant op te laai, is hy deur twee gewapende mans aangeval.

“Nadat die wag se wapen afgeneem is, het die verdagtes met ’n onbepaalde bedrag kontant in ’n grys VW Polo gevlug. Ooggetuies het gerapporteer dat albei verdagtes blou oorpakbaadjies en hoede gedra het.”

Owerhede doen ’n beroep op enigeen met inligting oor enige van hierdie voorvalle om na vore te kom. Bel speurkapt. Serake Modisalife by 071 481 2722. So nie, bel Stop Misdaad by 08600 10111.

OFM Nuus cg/mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.