On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley se polisie vra hulp met vermiste mense

───   17:57 Mon, 19 Aug 2024

Kimberley se polisie vra hulp met vermiste mense | News Article
Gladness Horne word sedert Donderdag vermis. Foto verskaf

“Horne kom van De Aar. Sy is ongeveer 1,6 m lank, het kort swart hare, bruin oë en het laas pienk slaapklere gedra.”

Die polisie in Kimberley versoek hulp om twee vermiste persone in die Noord-Kaapse hoofstad op te spoor.

“Gladness Zeldred Horne (25) is verstandelik gestremd en het op Donderdag (15/8) in Kimberley weggeraak. Sy het by familie in Utility gekuier,” sê Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder. “Horne kom van De Aar. Sy is ongeveer 1,6 m lank, het kort swart hare, bruin oë en het laas pienk slaapklere gedra.”

Haar naasbestaandes het haar oor die naweek as vermis aangemeld. Hulle vra dat enigeen met inligting vir speurkonst. JR Webb by 079 212 7682 bel. 

Richard Samuel Steenkamp. Foto verskaf

Intussen vra Roodepan se polisie hulp om Richard Samuel Steenkamp (73) op te spoor wat in dié woonbuurt weggeraak het. “Richard is laas op Vrydag 16 Augustus by die C-Block Shanties in Freeziastraat, Ivory Park, gesien,” sê Kock.

Ly blykbaar aan Alzheimersiekte

“Daar word geglo dat hy aan Alzheimersiekte ly. Hy het laas ’n swart-en-wit Orlando Pirates-T-hemp, swart oefenbroek en blou-en-wit gestreepte Adidas sandale met swart-en-wit sokkies gedra.”

Sy familie het hom oor die naweek as vermis aangemeld. Enigeen wat hom kan help opspoor, kan speurkapt. Deon Rheeder by 082 469 0681 by.

OFM Nuus mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.