On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-man gevonnis weens ivermektien, steroïede

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:13 Thu, 29 Aug 2024

Noordwes-man gevonnis weens ivermektien, steroïede | News Article
Albei vonnisse sal samelopend uitgedien word. Foto: magistratesmatter.co.za

“Tydens ’n deursoeking van die perseel het beamptes beslag gelê op 79 bokse ivermektien, 10 000 anaboliese steroïede en 376 dosisse steroïede met ’n geraamde straatwaarde van R200 000. Van Deventer is toe in hegtenis geneem.”

’n Man van die Noordwes kan ’n boete betaal óf tronkstraf uitdien vir die onwettige verkoop van voorskrifmedikasie en steroïede.

Etienne van Deventer (32) is Woensdag (28/8) in die Potchefstroomse landdroshof ’n boete van R30 000 of vyf jaar tronkstraf opgelê, waarvan R15 000 of twee jaar opgeskort is, sê ao. Amogelang Malwetse, woordvoerder van die Valke in Noordwes.

“Van Deventer is skuldig bevind op twee aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe, 1965, en die onwettige verkoop van geskeduleerde middels.”

Foto: iStock

Die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad in Klerksdorp het gereageer op inligting oor ’n winkel in Potchefstroom waar vermoedelik beheerde middels verkoop word, insluitend ivermektien en steroïede.

Tydens ’n deursoeking van die perseel het beamptes beslag gelê op 79 bokse ivermektien, 10 000 anaboliese steroïede en 376 dosisse steroïede met ’n geraamde straatwaarde van R200 000. Van Deventer is toe in hegtenis geneem.

Vir die eerste aanklag is hy met R30 000 beboet of vyf jaar gevangenisstraf waarvan R15 000 of twee jaar vir vyf jaar opgeskort word op voorwaarde dat hy tydens dié tydperk nie skuldig bevind word aan verdere misdrywe kragtens Artikel 22A (5) en Regulasie 6 van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe, 1965, nie.

Foto: Danger of Steriods

Vir die tweede aanklag is hy met R30 000 beboet of vyf jaar gevangenisstraf, waarvan R15 000 of twee jaar vir vyf jaar opgeskort word op dieselfde voorwaarde as met die eerste aanklag.

Albei vonnisse sal samelopend uitgedien word, wat beteken dat Van Deventer in werklikheid ’n boete van R15 000 of drie jaar tronkstraf opgelê word.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.