On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Griekwas vat borskanker Vrydag in pienk vas

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:00 Thu, 05 Sep 2024

Griekwas vat borskanker Vrydag in pienk vas | News Article
Dylan Maart. Foto verskaf

“Ondersteuners kan hul ondersteuning wys deur ’n skenking aan Cansa te doen en die kans kry om ’n getekende pienk trui van die Griekwas te wen. Die wenner sal rustyd aangekondig word.”

Kimberley gaan Vrydag (6/9) pienk en plesierig wees wanneer die OFM-Uitdaagbeker-wenners kragte saamspan teen borskanker.

Die pienk rugbytrui maak ’n terugkeer – met goeie rede!

Tydens die wedstryd sal die Suzuki Griekwas en die DHL Westelike Provinsie ’n gemeenskaplike doelwit hê terwyl hulle saam borskanker die stryd aansê in Kimberley ter ondersteuning van Cansa en PinkDrive se ongelooflike werk.

‘Wedstryd opgedra aan helde wat daagliks teen borskanker veg’

Die pienk truie is ’n jaarlikse instelling, vertel Nadia Louw van Griekwas, en wat dit selfs nog spesialer maak, is die nagedagtenis aan Beau van der Westhuizen, wat aan kanker gesterf het. Hy was die seun van Wessie van der Westhuizen, besturende direkteur van die unie se voormalige hoofborg.

Ondersteuners kan hul ondersteuning wys deur ’n skenking aan Cansa te doen en die kans kry om ’n getekende pienk trui van die Griekwas te wen. Die wenner sal rustyd aangekondig word.

Tydens verlede jaar se Cansa-geldinsamelingswedstryd teen die WP, toe die Griekwas met 38-29 geseëvier het, is meer as R20 000 ingesamel.


Die Poubloues hoop om weer as oorwinnaars uit die stryd te tree. Hulle het onlangs die Cheetahs uitoorlê en met 44-31 verslaan.

Hierdie oorwinning oor die verdedigende Curriebeker-kampioene het hulle nie net spogregte gegee nie, maar ook die OFM-Uitdaagbeker verseker. Ten spyte daarvan dat die Griekwas rustyd met 17-10 voorgeloop en eindelik sewe drieë gedruk het, kon hulle nie vir die halfeindronde kwalifiseer nie.

Die Griekwas dra Vrydag se wedstryd op aan die helde wat daagliks teen borskanker veg.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.