On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Odendaalsrus-pastoor wat hond doodsteek, aangekla van beweerde verkragting

───   HEIDRÈ MALGAS 08:00 Wed, 02 Oct 2024

Odendaalsrus-pastoor wat hond doodsteek, aangekla van beweerde verkragting | News Article
Die beskuldigde bly in aanhouding. Foto: saps.org

“Ons kan bevestig dat die man van die egpaar van Odendaalsrus, aangekla is van die beweerde verkragting van ’n minderjarige en die vrou is aangekla omdat sy versuim het om seksuele misbruik van ’n minderjarige aan te meld.”

Die pastoor van Odendaalsrus, wat na bewering ’n boelterriër doodgesteek het, is ook aangekla van die beweerde verkragting van ’n minderjarige. 

“Ons kan bevestig dat die man van die egpaar van Odendaalsrus aangekla is van die beweerde verkragting van ’n minderjarige en die vrou is aangekla omdat sy versuim het om seksuele misbruik van ’n minderjarige aan te meld, wat rondom Julie 2024 plaasgevind het,” sê Loraine Earle, polisiewoordvoerder.

“Die vrou het haar borgtogaansoek laat vaar. Die man sal na verwagting Woensdag (2/10) formeel om borgtog aansoek doen. Hulle bly in aanhouding.”

Past. Andries Jeremiah Labuschagné en sy vrou, Reinette. Foto: Facebook

Past. Andries Jeremiah Labuschagné en sy vrou, Reinette (Nettie) het weer in die hof verskyn op aanklagte van dieremishandeling nadat hy die boelterriër Leo verskeie kere met messe gesteek het, asook van die aanranding op die boelterriër se eienaar, Tanya Sanders.

“Hulle is weer borgtog geweier en die paartjie bly in aanhouding. Ons bedank die hof op Odendaalsrus, ons staatsaanklaers en ons ondersteuners,” sê Thea Smit, voorsitter van die DBV op Virginia.

OFM Nuus het voorheen berig dat die opsigter volgens Smit by die honde-eienaar aangedring het dat die boelterriër in ’n leë eenheid gehou word en nie in die woonstelle kon oornag nie. Die eienaar het ingestem en gesê sodra iemand sterk genoeg beskikbaar is om die hond te hanteer, sou hulle hom na die eenheid toe neem.

Leo op sy eerste verjaardag besig om 'n sny sjokaladekoek te geniet. Foto: Facebook

Labuschagné het Leo na bewering met ’n tou probeer verwurg.

“Toe die tou nie werk nie, het Andries vir Reinette gevra om ’n mes te gaan haal om Leo te steek,” beweer Smit. Dit alles het gebeur terwyl Leo se eienaar bo-op hom gelê het om hom te beskerm en gesmeek het dat sy lewe gespaar word.

Iemand het ’n video geneem van die voorval wat die ronde op sosiale media gedoen het. Talle sosialemediagebruikers was briesend oor die voorval.

OFM Nuus/Heidre Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.