On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Vrystater na bewering met wavrag ammunisie, plofstof tuis betrap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:36 Thu, 28 Nov 2024

Vrystater na bewering met wavrag ammunisie, plofstof tuis betrap | News Article
’n Groot hoeveelheid ammunisie, plofstof en ander toerusting van militêre graad is in Ficksburg gevind. Foto verskaf

’n Ondersoek is aan die gang om vas te stel hoe ’n Vrystater ’n wavrag ammunisie en plofstof bekom het.

Die verdagte kom na verwagting Donderdag (28/11) voor in die Ficksburgse landdroshof op verskeie vuurwapenverwante aanklagte nadat hy Dinsdag hier aangekeer is tydens ’n gesamentlike polisieoptrede, sê brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Hy staan tereg op aanklagte van die besit van ongelisensieerde ammunisie, die besit van vermoedelik gesteelde ammunisie en die besit van plofstof.

Misdaadintelligensie van Ficksburg, Bloemfontein se taktiesereaksie-eenheid en die honde-eenheid van Ladybrand het op inligting gereageer en afgekom op vermoedelik ongelisensieerde ammunisie en plofstof in ’n huis op die dorp, sê Makhele.

Ongelisensieerde ammunisie en plofstof is in ’n huis op Ficksburg gevind. Foto: iStock

“Tydens die operasie is ’n groot hoeveelheid ammunisie, plofstof en ander toerusting van militêre graad gevind wat glo aan die polisie en weermag behoort.”

Van die items wat gevind is, is ’n aansienlike hoeveelheid R1- en R5-ammunisie, skok- en rookgranate, potlood- en donderfakkels asook handseinrook.

Lt.genl. Baile Motswenyane, sê die polisiediens neem die onwettige besit en gebruik van militêre toerusting en ammunisie ernstig op. “Hierdie operasie bewys hoe ons intelligensie-insameling opgeskerp is, wat tot hierdie deurbraak gelei het.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.