On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kapenaar na bewering met duisende rande se dwelms betrap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:06 Thu, 28 Nov 2024

Noord-Kapenaar na bewering met duisende rande se dwelms betrap | News Article
Die verdagte het na bewering dwelms by ’n huis in Keimoes afgelaai. Foto verskaf

Noord-Kaapse polisie hoop die inhegtenisneming van ’n vermeende dwelmhandelaar sal help om misdaad dié somervakansie hok te slaan.

Die beskuldigde (20), wat Dinsdag (26/11) aangekeer is, sal na verwagting Donderdag (28/11) in die hof verskyn nadat hy glo met derduisende rande se dwelms betrap is, sê ao. Omphile Masegela, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Die polisie het ’n wenk opgevolg oor ’n verdagte wat na bewering besig was om dwelms by ’n huis in Keimoes af te laai. Nadat beamptes op die verdagte se huis toegeslaan het, het hy probeer om van die dwelms ontslae te raak en te vlug.”

Hulle het die verdagte aangekeer en beslag gelê op R6 000 se Mandrax-tablette. Hy staan tereg op aanklagte van dwelmhandel, sê Masegela.

Dwelms is gekonfiskeer, onder meer Mandrax-tablette. Foto verskaf

Intussen bly ’n man van Potchefstroom in aanhouding nadat hy na bewering met miljoene rande se dagga betrap is.

Michael Cilliers (29) het Dinsdag 19 November in die Potchefstroomse landdroshof verskyn waar hy van die onwettige besit van ’n vuurwapen en plofstof, asook die onwettige kweek en handel in dagga aangekla is, het Amanda Funani, polisiewoordvoerder, vroeër aan OFM Nuus gesê.

“ ’n Lasbrief is Donderdag 14 November deur die dwelmtaakspan, veiligheidsmaatskappy BIU en die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid uitgevoer as deel van pogings om dwelmhandel en die verspreiding van onwettige vuurwapens te bekamp.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.