On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Matriekmeisie van Welkom se vermeende moordenaar bly in aanhouding

───   HEIDRÈ MALGAS 09:18 Sun, 08 Dec 2024

Matriekmeisie van Welkom se vermeende moordenaar bly in aanhouding | News Article
Medeleerders van Welkom High voor die hof. Foto: Facebook

Die kêrel van die gr. 12-leerder van Welkom Hoërskool, wat in Mei as vermis aangemeld is, is borgtog geweier en hy bly in aanhouding tot sy volgende verskyning Vrydag (20/12).

“Mamello Katleho Seape (22) het Vrydag (6/12) voor die Welkom-landdroshof verskyn op aanklagte weens die ontvoering en moord van Thato Tumahole (18). Die uitspraak is uitgestel,” sê Palesa Thabana, polisiewoordvoerder.

Tumahole se oorskot is by ’n myn in Welkom gevind, het Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, destyds gesê. Die mynreddingspan, Welkom se honde-eenheid en ’n polisieondersoekspan is die Woensdag omstreeks 08:00 na ’n uitgediende mynskag ontbied.

“Ná ’n deeglike ondersoek het die span verkoolde, menslike oorskot ondergronds gevind.”

 

Tumahole se ma, Pulane, het haar as vermis aangemeld toe sy vroegaand op 10 Mei nie huis toe gekom het nie nadat sy saam met twee maats gekuier het. Sy was egter nie saam met hulle nie en ook nie by haar kêrel nie.

Seape het kort ná haar verdwyning beweer hy het haar laas omstreeks 13:30 op die betrokke dag gesien. Hy is ses dae later op Donderdag 16 Mei in hegtenis geneem.

‘Maar hoekom het hy haar liggaam verbrand’

Pulane Tumahole, Thato se ma, vra intussen geregtigheid moet geskied om haar naasbestaandes se hartseer en pyn te help verlig. In ’n emosionele onderhoud op 11 Junie met die SAUK het Pulane haar hartseer en verwarring uitgespreek.

“Ek verstaan hy het haar doodgemaak, maar hoekom het hy haar liggaam verbrand? Selfs al het hy probeer om bewyse te versteek van wat ook al hy gedoen het, is dit baie pynlik dat ek uiteindelik my kind se bene sal moet begrawe sonder enige behoorlike struktuur. Ek pleit dat die reg sy verloop moet neem.”

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.