On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Rustenburg: Polisiebeampte ondersoek ná beweerde aanranding op inwoner

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:14 Tue, 17 Dec 2024

Rustenburg: Polisiebeampte ondersoek ná beweerde aanranding op inwoner | News Article
Die polisieman en lid van die publiek het in Rustenburg slaags geraak. Foto: Skermskoot

Noordwes-polisie ondersoek ’n aanrandingsaak ná ’n beweerde rusie tussen ’n polisieman wat van diens af was, en ’n lid van die publiek in Rustenburg se polisiekantoor.

Sam Tselanyane, Noordwes-polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig waaroor dit sedert die naweek op sosiale media gons.

Na bewering het die konfrontasie tussen die twee Saterdagoggend (14/12) in ’n haarsalon in ’n Rustenburgse inkopiesentrum begin toe die polisiebeampte blykbaar stry gekry het met die vermeende slagoffer en ander mense.

Ná die onderonsie is een van die betrokkenes na die polisiekantoor toe om ’n saak aanhangig te maak. Die polisiebeampte het egter ook daarheen gegaan en die klaer in die parkeerterrein teëgekom.

Tselanyane sê die polisiebeampte het die klaer agtervolg en hom na bewering in die polisiekantoor te lyf gegaan. Die polisiebeamptes aan diens het vinnig tussenbeide getree om die situasie te ontlont.

Die vermeende slagoffer kon toe ’n klag indien, maar die beampte het ’n teenklagte van aanranding teen hóm aanhangig gemaak.

Die provinsiale polisiebestuur in Noordwes veroordeel die voorval ten sterkste, sê Tselanyane.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg/mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.