On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Polisie ondersoek twee meisies se verdrinking in Vrystaat

───   10:57 Fri, 17 Jan 2025

Polisie ondersoek twee meisies se verdrinking in Vrystaat | News Article
Polisieduikers is deur die lugvleuel ondersteun om na die meisies te soek. Foto: X/SAPD

’n Geregtelike doodsondersoek sal volg nadat die liggame van twee meisies van Bothaville in die Vrystaat, onderskeidelik sewe en tien jaar oud, deur polisieduikers uit die Valsrivier gehaal is.

Hulle is Donderdag (16/1) as vermis aangemeld nadat hul maatjie (11) hulle laas by die rivier gesien het. Die polisie op Bothaville het ’n ondersoek geopen ná die verdrinkings. 

Nadat die voorval aangemeld is, is ’n soektog dadelik van stapel gestuur. Na bewering is die meisies deur strome in die Valsrivier meegesleur. 

Die elfjarige het egter daarin geslaag om aan ’n boomstam vas te klou. Polisieduikers is na die toneel ontbied en het onverpoosd gesoek na die liggame van die oorledenes, sonder sukses.

Die soek-en-reddingspan is versterk met ondersteuning van die polisie se lugvleuel. Twee liggame is gevind en op die toneel deur nooddienspersoneel dood verklaar. 

Die twee oorledenes is positief deur hul naasbestaandes uitgeken. Op versoek van die families kan die name van die oorledenes nie bekend gemaak word nie.

In Noordwes het Tshiamo Mompate (2) Woensdag (15/1) naby die plaas Rooikuil by Hartbeesfontein verdwyn. Sy het ’n grys T-hemp met oranje patrone en ’n blou denim aangehad. 

Enigiemand met inligting kan ao. E. Victor by 060 967 3965 nader. Bel Stop Misdaad by 08600 10111 of stuur inligting op die MySAPS-app.

OFM Nuus cg/mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.