Central SA
ATKV-Drakensville bied verskeie internskap-poste aan─── 13:47 Wed, 16 Apr 2025
Sponsored13:47 Wed, 16 Apr 2025
Is jy 'n jongmens wat daarvan droom om in die toerisme- of gasvryheidsbedryf te werk? Dan is hierdie jou kans!
Pulane Nel-Sekepe gesels met Braam de Kock, ATKV-Drakensville se bemarkingsbestuurder, oor hul verskeie internskap-poste en hoe ‘n mens aansoek om dié internskappe kan doen.
Is jy nog op soek na die ideale loopbaanrigting? ATKV-Drakensville het verskeie internskap-poste beskikbaar net vir jou.
Die internskap is vir skoolverlaters tussen die ouderdom van 18 en 20 wat nog op soek is na die perfekte geleentheid om te werk en te leer.
Daar is vier avontuurgids- en twee vermaak-internskappe beskikbaar. Deur ‘n intern by ATKV-Drakensville te word, kry jy die nodige indiensopleiding vir die tydperk, akkommodasie en ‘n salaris.
As jy graag hierdie pos wil beklee, stuur jou volledige CV en dekbrief waarin jy verduidelik waarom jy die beste kandidaat is, aan: Lizelle Miller by DVBetrekkings@atkv.org.za voor 25 April 2025. Stuur jou CV vandag nog vir die ongelooflike geleentheid!