On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

‘Haglike paaie kniehalter Bothaville se ekonomie’ – DA

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:43 Thu, 15 May 2025

‘Haglike paaie kniehalter Bothaville se ekonomie’ – DA | News Article
Die DA sê die paaie het ’n invloed op ekonomiese aktiwiteite. Foto verskaf

Nog ’n Vrystaatse munisipaliteit word gevra om dringend in te gryp en padtoestande te verbeter, aangesien hul huidige toestand ekonomiese aktiwiteite kniehalter.

Die DA het ’n skrywe aan Lejweleputswa-munisipaliteit gerig oor die verswakkende paaie op en om Bothaville, spesifiek die S722-roete, sê Mahalia Kose, DA-raadslid.

Volgens Kose beïnvloed hierdie swak padtoestande nie net motoriste nie, maar het ook breër ekonomiese implikasies, veral as gevolg van die roete se belangrikheid in toegang tot NAMPO-park, waar die Suidelike Halfrond se grootste landboutentoonstelling jaarliks plaasvind.

Druk verkeer veral tydens NAMPO

Intussen het AfriForum Ngwathe-munisipaliteit by die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) verkla omdat hy na bewering toegelaat het dat die paaie op en om Parys – waarvan baie onder Sanral se jurisdiksie val – verval. Alta Pretorius, Mooirivier-distrikskoördineerder, sê dat dit veral kommerwekkend is weens die druk verkeer wat jaarliks tydens NAMPO ervaar word.

Sy sê die munisipaliteit het ’n sloot oor een van die paaie gegrawe om ’n waterlek te herstel, maar die werk gestaak, na bewering weens ’n gebrek aan behoorlike toerusting. 

“Die munisipaliteit, wat Sanral in kennis moes gestel het voordat hy met die werk begin het, het dit nie gedoen nie. Hulle het die sloot met los grond gevul sonder om dit behoorlik te kompakteer. 

AfriForum nader Sanral ná munisipaliteit pad verniel voor NAMPO | News Article

Die pad by Parys. Foto verskaf

“Dit hou nou ’n ernstige gevaar in vir motoriste, wat gedwing word om slegs aan een kant van die pad te ry om die gevaar te vermy.” Volgens Kose het ’n brug op die R30-roete na Welkom tydens swaar reënval ineengestort het. 

“Vrystaat Landbou (VLA) het in ’n voorheen ingediende memorandum dit uitgelig as een van drie brûe wat skade opgedoen het wat meer as ’n jaar gelede aangemeld is.”  Hy sê daardie pad is noodsaaklik vir boere om toegang tot nabygeleë plase te verkry en goedere na omliggende dorpe te vervoer. 

“Dit is hoofsaaklik gebruik vir die vervoer van mielies na die silo’s in Bothaville en beklemtoon dat mielieproduksie die hoeksteen van Bothaville se ekonomie is.” 

Die paaie kan moontlik ’n nadelige uitwerk op NAMPO hê. Foto verskaf

Kose sê die S722 is ’n noodsaaklike pad wat deur leerlinge van omliggende plase gebruik word om skole te bereik, en die ineenstorting van die brug het ’n ernstige impak op beide studente en boere gehad.

Volgens hom het Thinus Barnard, DA-raadslid, die brug by die munisipaliteit aangemeld, maar geen aksie is geneem nie. “Die saak is toe geëskaleer na die DA-LP Jafta Mokoena, woordvoerder oor paaie en vervoer, wat die terrein besoek het en die saak verder opgevolg het. 

Gevaarlike padtoestande

“Daar is nog steeds geen reaksie oor watter stappe gedoen sal word om die brug te herstel nie,” sê Kose. Hy is bekommerd oor die nadelige uitwerking wat die padtoestande op NAMPO kan hê, wat Bothaville se ekonomie aansienlik versterk deur talle besoekers, maatskappye en uitstallers te lok. 

Volgens Kose kan uitstaller en besoekers, veral diegene wat op plase bly, die geleentheid heroorweeg weens die gevaarlike padtoestande.

Navrae is gerig aan Thabo Dlamini, woordvoerder van Lejweleputswa.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.