On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Kommer oor Mangaung-verkeersafdeling se nuwe vennootskap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:10 Tue, 20 May 2025

Kommer oor Mangaung-verkeersafdeling se nuwe vennootskap | News Article
Die Mangaung-verkeersdepartement en die SANDF het ’n strategiese vennootskap gevorm om wet en orde af te dwing en ’n veiliger en meer funksionele stad vir almal te bevorder. Foto verskaf

Kommer heers oor die potensieel nadelige gevolge van ’n nuwe vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en die Mangaung-verkeersafdeling, veral rakende die bekendstelling van militêre opleiding vir verkeersbeamptes.

Die vennootskap – wat veronderstel is om “dissipline en seremoniële opleiding” aan verkeersbeamptes te bied – is deur die burgemeesterskomiteelid verwelkom.

AfriForum voer egter aan hierdie militêre opleiding in ’n burgerlike wetstoepassingsomgewing kan ernstige, onbedoelde gevolge hê. Dit sluit in die vervaging van die lyn van gesag, die verdryf van broodnodige gemeenskapsgebaseerde polisiëring en die moontlike vernietiging van openbare vertroue, sê Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder oor gemeenskapsveiligheid.

Versterking van plaaslike kapasiteit

“Verkeerspolisiëring is ’n burgerlike funksie wat deur grondwetlike beginsels beheer word, nie ’n militêre domein nie. Terwyl die SANW ’n belangrike rol in nasionale verdediging speel, stem militêre taktiek en kultuur moontlik nie ooreen met die waardes en verantwoordelikhede van burgerlike polisiëring nie.”

Hy sê in plaas daarvan om ’n gemilitariseerde reaksie op stedelike uitdagings na te streef, moet die fokus wees op die versterking van plaaslike kapasiteit binne grondwetlike en gemeenskapsgebaseerde raamwerke.

Volgens Broodryk is daar ’n oproep vir groter duidelikheid oor die aard en omvang van die SANW se betrokkenheid, tesame met voorsorgmaatreëls om potensiële misbruik te voorkom. “Dit is noodsaaklik om te verseker dat verkeersbeamptes toegewy bly aan die diens van die burgerlike samelewing terwyl hulle wet en orde op ’n professionele en verantwoordbare wyse handhaaf.”


Broodryk sê voorstanders van gemeenskapsgedrewe veiligheidsinisiatiewe beklemtoon die sukses van buurtwaggroepe en plaaslike veiligheidsentrums, wat bygedra het tot inhegtenisnemings, misdaadvoorkoming en noodreaksie-operasies in samewerking met amptelike wetstoepassing.

“Eerder as om ’n (hardhandige) benadering te volg, word aangevoer dat die regering met gevestigde gemeenskaps- en private sekuriteitstrukture moet skakel en saamwerk.

“Die bou van vennootskappe gebaseer op deursigtigheid, professionaliteit en wedersydse vertroue is die sleutel tot die verbetering van veiligheid terwyl die demokratiese karakter van burgerlike wetstoepassing behoue bly,” sê Broodryk.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.