On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Maselsuitbreking is nou in Vrystaat onder beheer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 07:00 Sun, 13 Jul 2025

Maselsuitbreking is nou in Vrystaat onder beheer | News Article
Masels is baie aansteeklik. Foto: Infection Control Today

Die uitbreking het aansienlike kommer in die Vrystaat veroorsaak.

Die Vrystaatse gesondheidsdepartement sê die uitbreking is beperk tot die Lejweleputswa-distrik waar 73 bevestigde gevalle teen Donderdag (10/7) aangeteken is. Slegs nege nuwe gevalle is aangemeld sedert die departement die uitbreking verlede Dinsdag aangekondig het, sê Mondli Mvambi, departementele woordvoerder.

Masels is ’n baie aansteeklike virussiekte wat ernstige gesondheidskomplikasies kan veroorsaak.

Slegs nege nuwe gevalle is in die Vrystaat aangemeld. Foto iStock

Mvambi sê 14 gevalle is in die Nala-munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) gedokumenteer wat twee meer gevalle is sedert die vorige Dinsdag. Die aantal gevalle in die Masilonyana-munisipaliteit (Winnie Mandela-dorp, Theunissen, Verkeerdevlei, Winburg) bly konstant op nege.

Die Matjhabeng-munisipaliteit (Welkom, Virginia, Odendaalsrus, en Allanridge) het twee bykomende gevalle aangemeld wat die getal tot 40 opskuif. Die Tswelopele-munisipaliteit (Bultfontein, Hoopstad) het steeds vyf gevalle.

Die Tokologo-munisipaliteit (Boshof, Dealesville, Hertzogville) het met twee nuwe gevalle tot vyf gestyg. 

Masels is baie aansteeklik en kan ernstige komplikasies veroorsaak. Foto: iStock

Die Wêreldgesondheidsorganisasie beskryf masels as ’n hoogs aansteeklike, ernstige lugoordraagbare siekte wat veroorsaak word deur ’n virus wat tot ernstige komplikasies en die dood kan lei. Dit versprei maklik wanneer ’n besmette persoon asemhaal, hoes of nies. Dit besmet die lugweë en versprei deur die liggaam.

Simptome van masels begin gewoonlik tien tot 14 dae ná blootstelling aan die virus. ’n Duidelike uitslag is die sigbaarste simptoom. Vroeë simptome duur gewoonlik vier tot sewe dae.

Dit sluit in:

  • loopneus 
  • hoes ;
  • rooi en waterige oë 
  • klein wit kolletjies binne die wange 

Komplikasies kan insluit:

  • blindheid 
  • enkefalitis (’n infeksie wat breinswelling en moontlik breinskade veroorsaak) 
  • erge diarree en ontwatering 
  • oorinfeksies 
  • ernstige asemhalingsprobleme insluitend longontsteking 

Volwassenes moet ’n Priorix-inenting teen masels, pampoentjies en rubella kry.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.