On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

R708 tussen Clocolan en Marquard herbou ná gemeenskapsdruk

───   MORNÉ VAN ROOYEN 15:00 Mon, 21 Jul 2025

R708 tussen Clocolan en Marquard herbou ná gemeenskapsdruk | News Article
Die Marquard-Clocolan-pad. Foto verskaf

Die Vrystaatse departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer het gereageer op eise vir dringende ingryping op die R708-pad tussen Marquard en Clocolan. Die pad word as een van die gevaarlikste in die Vrystaat beskou.

LUR Jabu Mbalula, die Clocolan Landbou- en Taxivereniging en ander belanghebbendes was in gesprek oor kommer wat tydens ’n vergadering van die plaaslike boerevereniging geopper is. 

Die gemeenskap is keelvol vir die regering se voortgesette stilswye oor die gevaarlike pad en het op 10 Julie ferm standpunt ingeneem deur die pad te sluit nadat talle pleidooie vir die herstel daarvan geïgnoreer is. Hulle het ’n formeel memorandum aan die Vrystaatse regering oorhandig.

Phomolo Makappa, ’n afgevaardigde van die departement, het die skare toegespreek wat vreedsaam byeen was op die R708. Die departement het in ’n brief bevestig dat die eerste betaling van R1,89 miljoen vir die kontrakteur se terreinoprigting reeds op 25 Maart gemaak is.

“Verdere betalings sal volg, gebaseer op vorderingsverslae wat vir die projek ingedien is,” sê Mbalula.

Hy sê dat die projek geskeduleer was om op 27 November te begin en 24 maande te duur, met ’n geprojekteerde einddatum van 26 November volgende jaar. “Betrokkenheid van belanghebbendes bly ’n sleuteldeel van die plan, met die vorming van ’n loodskomitee wat maandeliks vergader.”

Mbalula sê die landbousektor kan ’n verteenwoordiger aanstel om PSC-vergaderings op uitnodiging by te woon en die Taxivereniging word as ’n plaaslike subkontrakteur erken as gevolg van sy rol in die vervoer van plaaslike begunstigdes. 

In reaksie op die versoek dat Sanral die R708-pad oorneem, het Mbalula opgemerk dat hierdie voorstel in ’n toekomstige voorleggingsgroep oorweeg kan word wanneer die formele voorneme om die pad oor te dra, gemaak word.

Andries van Rooyen, voorsitter van die Clocolan-boerevereniging, sê die R708 word oorgebou op die standaard wat die Marquard-Winburg-deel oorgedoen is. Hy sê die kontrakteur het begin om die gate te vul om die pad rybaar te maak en hy sal sy eerste betaling kry sodra hy die terreinvestigingsertifikaat inhandig het.

LEES OOK: Bewys geëis dat Noordwes-vrou skadevergoeding kry ná padongeluk

“Daar is druk op hulle om so gou moontlik konstruksie te begin want hul is klaar agt maande agter skedule.” Volgens Van Rooyen gaan hulle een afgevaardigde in die loodskomitee van die pad hê wat maandeliks vergader en vir hulle terugvoering gee.

“Die R708 strek van Clocolan tot op Bultfontein en sal nie nou aan Sanral oorhandig word nie oor hul reeds die Marquard Winburg gedeelte oorgedoen het en besig ook is met slaggat-herstelwerk op die Winburg Theunissen gedeelte.”

Van Rooyen sê hulle sal dit wel in oorweging neem as daar weer met Sanral gesit word oor paaie wat oorgeneem kan word.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.