On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Gesoekte in Noord-Kaap vas wat glo haar man vermoor

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:21 Wed, 23 Jul 2025

Gesoekte in Noord-Kaap vas wat glo haar man vermoor | News Article
Die verdagte is vas ná vyf jaar. Foto: SAPD

’n Moordverdagte, wat onder die 50 mees gesoekte mense in die Noord-Kaap was nadat sy na bewering haar man vyf jaar gelede vermoor het, is vasgetrek. Sy sal binnekort op ’n aanklag van moord in die Upingtonse landdroshof verskyn.

’n Gekoördineerde operasie deur die Noord-Kaapse polisie se opsporingseenheid het gelei tot die vrou se inhegtenisneming Saterdag in Upington, sê sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder.

Hy sê die provinsiale opsporingseenheid en speurders van die Rosedale-polisiekantoor het gereageer op inligting dat die vrou (25) glo by ’n huis in Paballelo bly. Volgens Sam is sy gesoek in verband met die moord op haar man in 2020 in die landbougebied van Ses Brugge, ongeveer 15 km buite Upington.

Foto: Facebook/South African Police Service

Die vrou het die polisie vir vyf jaar ontduik. Sam het ook die polisie se waardering uitgespreek vir die publiek se voortgesette ondersteuning en verskaffing van waardevolle inligting wat help om gewelddadige misdadigers voor die gereg te bring.

In ’n ander saak moet ’n voormalige Noord-Kaapse polisiekolonel wat daarvan verdink word dat hy met reis- en verblyfeise gepeuter het, weer op 19 Augustus in die hof verskyn vir die bekendmaking aan die verdediging van die dossier in sy beweerde korrupsiesaak.

Lt.kol. Pieter Andries Nel, voorheen van die Upington-polisiekantoor, het Woensdag 9 Julie op klagte van korrupsie in die plaaslike landdroshof verskyn, volgens lt.kol. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder.

Reiskoste: Oud-polisiehoë van Upington in Augustus weer in hof | News Article

Die aanklagte teen lt.kol. Pieter Andries Nel van die Upington-polisiekantoor, sluit in bedrog, geldwassery en oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Foto: SAPD

Nel is op 20 Mei op borgtog van R20 000 vrygelaat. 

OFM Nuus het voorheen berig dat die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige korrupsiesake Nel op aanklagte van bedrog, geldwassery en oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur by sy huis in hegtenis geneem het.

LEES OOK: Reiskoste: Oudpolisiehoë van Upington in Augustus weer in hof

Volgens Thebe was Nel, in sy rol as die polisie se hoof van finansiële dienste in die Z.F. Mgcawu-distrik, verantwoordelik vir die goedkeuring van betalings aan diensverskaffers, sowel as reis- en verblyfkoste vir polisiebeamptes in Gordonia.

“Tussen 2022 en 2024 het hy na bewering bedrieglike betalings van meer as R1,2 miljoen geskep en goedgekeur, wat toe na bewering in sy persoonlike bankrekening betaal is,” sê Thebe.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.