On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein-prokureur verskyn weer vir bedrog

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:14 Wed, 30 Jul 2025

Bloemfontein-prokureur verskyn weer vir bedrog | News Article
Elmari Vosloo word verdink van boedelbedrog. Foto: Charné van der Merwe

Die verhoor van ’n Bloemfonteinse prokureur sal Donderdag (31/7) voortgaan met ’n geskeduleerde voorverhoorkonferensie.

Elmari Vosloo (47) word daarvan beskuldig dat sy ’n boedel ter waarde van ongeveer R6 miljoen in kontant tussen Januarie 2015 en Julie 2017 wanbestuur het, het ao. Fikiswa Matoti Valke-woordvoerder, gesê.

Vosloo het op 17 Julie haar derde verskyning in die hof gemaak, waarna die saak uitgestel is vir ’n hersiening van die inhoud van die dossier, verdere opdragte en die skedulering van ’n moontlike voorverhoorkonferensie. “Die dossier is hersien en ons is gereed vir die verhoor en om die nodige getuies te roep,” het adv. Allen Simpson, haar regsverteenwoordiger, gesê.

Matoti het onthul dat die fondse na bewering in Vosloo se persoonlike bankrekening gedeponeer is pleks van in die vereiste trustrekening. Hierdie beweerde wanbestuur het skynbaar gelei tot ’n finansiële verlies van ongeveer R3,4 miljoen vir die klaer.

Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat Vosloo gepraktiseer het sonder ’n geldige getrouheidsfondssertifikaat – ’n verpligte vereiste vir alle regspraktisyns.

Oor etlike jare is prokureurs daarvan beskuldig dat hulle ongeveer R1,4 miljard uit kliënte se trustfondse gesteel het in 561 aangemelde sake, maar slegs 59 skuldigbevindings is verkry. Net 25 het tot tronkstraf gelei, berig The Citizen.

In die 2023/24-boekjaar het die Padongelukfonds byna duisend klagtes ontvang wat verband hou met bedrog deur prokureurs. Altesaam 417 sake is na die polisie verwys.

Nóg ’n Bloemfonteiner sal na verwagting op 10 September in ’n aparte saak weer in die hof verskyn. Die ontkleeklubeienaar (64), wat teregstaan op verskeie aanklagte van seksuele oortredings, is Maandag 21 Julie op borgtog van R10 000 vrygelaat.

OFM Nuus het vroeër berig ses slagoffers word in die saak gemeld, van wie vier minderjariges is. Almal het die verdagte positief geïdentifiseer. Die oorspronklike klaer (20) op 30 Junie ’n formele klag ingedien waarin sy verskeie voorvalle van seksuele aanranding wat terugdateer tot Mei aangemeld het.

‘Sewe aanklagte, insluitend verkragting, mensehandel en seksuele aanranding’

“Die borgtogvoorwaardes bepaal dat die verdagte al sy vuurwapens aan die ondersoekbeampte moet oorhandig en elke Maandag om 11:00 by die Navalsig-polisiestasie moet aanmeld,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG woordvoerder.

“Hy mag geen staatsgetuies kontak nie, mag nie die provinsie verlaat sonder toestemming van die ondersoekbeampte nie, en moet sy paspoort oorhandig.” Die verdagte staan tans tereg op sewe aanklagte, insluitend verkragting, mensehandel en seksuele aanranding.

“Bykomende slagoffers is sedertdien geïdentifiseer, insluitend drie minderjariges tussen twaalf en 15 jaar oud, wat die polisie daartoe aanspoor om die ondersoek verder uit te brei,” sê Loraine Earle, Vrystaatse polisie woordvoerder. “Die kinders is uit hul omgewing verwyder en in ’n veilige hawe in Bloemfontein geplaas.”

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.