On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Kuruman-plaasmoord: Beskuldigdes bly agter tralies

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:45 Mon, 11 Aug 2025

Kuruman-plaasmoord: Beskuldigdes bly agter tralies | News Article
Hendrik Venter. Foto: Maroela Media

Die saak van ’n vermoorde Noord-Kaapse boer is na die hooggeregshof op Kathu oorgeplaas terwyl die beskuldigdes agter tralies bly.

Potso Bogodile (21), Jan Tata (18), Orabile Vincent Motsewakgosi (24) en Kabelo Tata (26) het tydens die verrigtinge Vrydag (8/8) deur hul regsverteenwoordiger beswaar aangeteken teen die wyse waarop hulle voor die hof gebring is. Hulle hou vol dat hul inhegtenisneming onregmatig was, sê Lize-Mari Smit, AfriForum se Karoo-distrikskoördineerder.

Die vier mans word verbind met die moord op Hendrik Venter (81), ’n veeboer van Kuruman, wat in September op sy plaas vermoor is.

Venter het Kameelaar, die plaas waar hy gewoon het, omstreeks 08:30 die oggend verlaat om een van sy ander plase te besoek. Sy liggaam is omstreeks 09:45 deur ’n boer van ’n buurplaas langs sy voertuig by die hek van die eiendom ontdek.

“Die hof het egter hul besware van die hand gewys. Die beskuldigdes se regsverteenwoordiger het egter intussen aangedui dat hulle teen die besluit sal appelleer.”

Volgens Smit wys die verwikkeling daarop dat die staat die erns van dié misdaad insien deur dit na ’n hoër hof te verwys. “Ek is egter optimisties dat die oorplasing, in die geval van die skuldigbevinding van die beskuldigdes, tot ’n swaarder vonnis sal lei.”

LEES OOK: Vermoorde Kuruman-boer (81) se liggaam by plaashek gevind

Thomas van Dalen, Noord-Kaap streekshoof van AfriForum, meen die verloop van sake dui op diepgaande sistemiese probleme. “Dit is onaanvaarbaar dat moordbeskuldigdes vrygelaat word weens administratiewe tekortkominge en die gebrek aan gereedheid van die staat se meganismes.

“Die feit dat hierdie proses uitsluitlik op AfriForum en die gemeenskap se volgehoue druk (weer op dreef gekom het), is ’n aanklag teen die stelsel self.”

Van Dalen beskryf egter die vordering in dié saak as ’n oorwinning. “Ons is bly dat die staat hul kant van die verbintenis nagekom het. 

Hendrik Venter is September 2024 dood aangetref by ’n buurplaas se hek. Foto: Facebook

“Dit is bemoedigend om te sien dat geregtigheid uiteindelik kan seëvier en ons sal nie swyg of padgee totdat dit gebeur nie. Hierdie saak moet ’n toetssteen wees vir hoe ernstig die staat plaasmoorde opneem.”

OFM Nuus  het voorheen berig dat die beskuldigdes aanvanklik uit aanhouding vrygelaat is en dat die saak op 10 April voorlopig van die rol geskrap is weens ’n gebrekkige polisiedossier en ondersoekwerk wat benede peil was.

Ná volgehoue druk van AfriForum en die DA is die verdagtes op 29 Julie opnuut in hegtenis geneem. Willie Aucamp van die DA het aan OFM Nuus gesê dat sy party by alle hofverrigtinge teenwoordig sal wees om te verseker dat die regsprosesse behoorlik gevolg word.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.