On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes: Man vermoor glo sy gewese vriendin

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 07:30 Mon, 25 Aug 2025

Noordwes: Man vermoor glo sy gewese vriendin  | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Die polisie beloof om ’n waterdigte saak teen ’n man aanhangig te maak nadat hy glo sy eksmeisie vermoor en sy huidige meisie gewond het.

Die verdagte (26) sal na verwagting Maandag (25/8) in die Temba-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord, sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder.

“Hy het na bewering sy eksmeisie, Kgaugelo Marota (20), Donderdag (21/8) vermoor. Haar liggaam is later in ’n taverne in Maubane-dorp ontdek.”

Sy het verskeie steekwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

‘Verskeie kere met mes gesteek’

Volgens Myburgh het hy na sy huis teruggekeer waar hy ook sy huidige meisie (20) aangeval het. “Dié slagoffer is verskeie kere met ’n mes gesteek en word nog in die hospitaal behandel. Die verdagte het op sosiale media sy redes vir die aanvalle geplaas.”

Die vinnige reaksie van die Makapan City-polisie het Vrydag tot sy inhegtenisneming by Carousel View naby Maubane gelei. 

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.