On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Ashmund
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Welkom: Voormalige polisieman en sy vrou weer in hof ná vertraging

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:00 Wed, 17 Sep 2025

Welkom: Voormalige polisieman en sy vrou weer in hof ná vertraging  | News Article
Daniel Jacobus Fourie en sy vrou, Anna Francina, by die hof. Foto: Charne van der Merwe

’n Voormalige Vrystaatse polisieman en sy vrou sal weer Woensdag (17/9) In die hof verskyn nadat hy verskeie kere probeer verhoed het dat die saak voortgaan.

Daniel Jacobus Fourie, ’n gewese kaptein in die polisie, en sy vrou, Anna Francina, staan tereg op aanklagte van intimidasie, crimen injuria en poging tot moord.

Die saak is reeds talle kere vertraag. Onlangs het Anna ’n doktersbrief ingedien omdat sy brongitis gehad het. Dit het daartoe gelei dat die saak tot vandeesmaand uitgestel is. 

Vroeër in Augustus het Fourie verdere vertragings veroorsaak toe hy aangevoer het hy verstaan nie Engels nie en dat hy die dienste van ’n tolk benodig. Dit was nadat hy met hul vorige verskyning alle vrae sonder probleme in Engels beantwoord het.

Van die graffiti wat ter sprake is in die saak. Foto verskaf

Adv. Allen Simpson, staatsaanklaer, het die eis betwis en daarop gewys die eintlike probleem is Fourie se prokureur, Eddy Nkuna, wat nie Afrikaans verstaan nie. Nkuna het dit bevestig en vir ’n tolk gevra. Die hof het die versoek toegestaan.

Die saak duur al ses jaar en is ook in die verlede vertraag weens Fourie se gereelde verandering van regsverteenwoordigers.

Die aanklagte teen die egpaar word verbind met ’n langdurige vete met die broers Manny en José Jardim. Die egpaar word daarvan beskuldig dat hulle agter graffiti is wat jare lank brûe, padtekens en mure oor die Goudveld heen ontsier het. Dit was glo gemik teen die Jardims. 

Hulle word ook aangekla van poging tot moord nadat een van die broers se huis na bewering met ’n spykerbom aangeval is. In een voorval is ’n kind na bewering net-net gemis toe daar geskiet is.

Daniel en Anna Fourie saam met Eddy Nkuna, hul regsverteenwoordiger, buite die hof. Foto: Charne van der Merwe

Die hof het vroeër Fourie gelas om ’n foto van hul oudste kind te bring nadat Simpson opgemerk het dat die kind moontlik ’n sleutelrol in die beweerde misdade speel. 

Hy het die hof ook daaraan herinner Fourie het in 2021 ’n DNS-toets geweier om te bevestig of die kind biologies syne is. Sedertdien het hy gesê hy het geen beswaar meer nie.

Nkuna het aangevoer daar is geen bewyse teen Anna nie. Die staat het die aansoek teengestaan en daar is beslis dat sy saam met haar man tereg moet staan.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.