On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

LUR vra spoedige ondersoek na onthoofde liggaam in Heidedal

───   ZENANDE MPAME 12:20 Mon, 15 Sep 2025

LUR vra spoedige ondersoek na onthoofde liggaam in Heidedal | News Article
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid vra die ondersoek moet versnel word na die dood van ’n vrou wie se onthoofde liggaam in Heidedal gekry is. Foto verskaf

Die Vrystaatse polisie ondersoek die dood van ’n vrou wie se onthoofde liggaam in ’n verlate gebou in Heidedal, Bloemfontein, gevind is.

Jabu Mbalula, LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, versoek die polisie versoek om die ondersoek te versnel en vas te stel wat met die vrou gebeur het wie se oorblyfsels gevind is.

Twee kinders het die grusame ontdekking Vrydag (12/9) gemaak terwyl hulle naby die oorstroomde gebou gespeel het. Hulle het iets in die water sien dryf en hul ouers ingelig, wat toe die polisie ontbied het.

Met hul aankoms het die polisie die toneel afgesper en bevestig die liggaam van ’n vrou dryf in die water binne die gebou. Die duik- en reddingseenheid is ontbied om te help met die herwinning van die oorblyfsels.


“Die liggaam was in ’n stadium van ontbinding en het slegs uit ’n bolyf en bene bestaan,” het Vrystaatse polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli gesê.

Die polisie werk saam met die eienaar van die gebou en probeer tans die water dreineer in die hoop om die ontbrekende liggaamsdele op te spoor.

Die slagoffer het ’n veelkleurige spanbroek en ’n enkele Soviet-tekkie aan haar linkervoet gedra. ’n Geregtelike ondersoek na haar dood is begin.

Die Heidedal-polisie doen ’n beroep op die publiek om te help. Enigiemand wat moontlik die oorledene kan identifiseer, word versoek om kapt. JJ Wilson by die Heidedal-polisiekantoor te kontak by 082 553 6307 of Crime Stop by 08600 10111.

Intussen verskyn ses verdagtes binnekort in die Bloemfontein-landdroshof op aanklagte van moord en die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie. Hulle word verbind met ’n noodlottige skietvoorval in Heidedal.

Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle ’n 44-jarige man vermoor het terwyl hy in Augustus op pad werk toe was. Hy het saam met sy broer gestap en het pas ’n spoorlyn in Ooseinde oorgesteek toe hulle die verdagte – ’n man met ’n kappie op – op die sypaadjie sien staan het.

Nadat hulle verby is, het die verdagte glo op hulle begin skiet en die slagoffer in die rug getref. Toe hy val, het die aanvaller hom glo twee keer in die kop geskiet en te voet gevlug.

OFM Nuus/Zenande Mpame cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.