On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Mans bly in aanhouding ná moord op Noord-Kaapse vrou

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:42 Fri, 19 Sep 2025

Mans bly in aanhouding ná moord op Noord-Kaapse vrou | News Article
Litwina Johnson se liggaam is ná vier maande gevind. Foto: SAPD

Die saak teen twee mans wat aangekla word vir die moord op ’n vrou van die Noord-Kaap is tot 30 Oktober uitgestel.

Aphiwe Adam en Soneliso Adam het Donderdag (18/9) in die De Aar-landdroshof op aanklag van moord verskyn. Die liggaam van Litwina Johnson (32) is in Augustus ná vier maande in ’n vlak graf gevind.

“Die beskuldigdes het ’n nuwe regsverteenwoordiger aangestel, hul vorige prokureur ontslaan en hul borgtogaansoek laat vaar,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Johnson is na bewering vyf maande gelede laas in die geselskap van haar kêrel, een van die beskuldigdes, gesien. In Augustus is haar liggaam in De Aar gevind en opgegrawe. Die beskuldigdes staan terug op aanklagte van moord en regsverydeling.

Laas saam met haar kêrel gesien

Johnson is op 3 April as vermis by die Sunrise-polisiekantoor aangemeld. Sy is laas saam met haar kêrel gesien.

“Danksy noukeurige ondersoekwerk en die versameling van kritieke bewysstukke kon die polisie die verdagtes positief met die misdaad verbind.”

Geen wagtydperk

  • Die Noord-Kaapse polisie herinner die publiek daar is geen wagtydperk om ’n persoon as vermis aan te meld nie. Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms. Die volgende kan help:
  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
  •  Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste persoon woon, die klere wat hy of sy aan gehad het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  •  Vul ’n SAPD 55(A)-vorm in en onderteken dit. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en magtig hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar word, direk aan hom of haar.
  •  As ’n vermiste gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n SAPD 92-vorm moet intvul word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel, sodat die vermiste persoon se verslag uit die verspreidingstelsel gehaal kan word.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.