On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Onderwyser se droom vir Philippolis kry vlerke

───   SUSAN MARÉ 14:06 Tue, 23 Sep 2025

Onderwyser se droom vir Philippolis kry vlerke | News Article
Cornel Smuts, ’n onderwyser aan Bergmanshoogte Primêre Skool, en van sy atlete. Foto verskaf

Atlete van die Bergmanshoogte Primêre Skool op Philippolis en hul onderwyser beplan om Saterdag die 60 km van Trompsburg terug na hul tuisdorp kaf te draf.

Die projek is ten bate van die nuwe Love Philippolis Early Childhood Development (ECD) and Community Centre, wat tans nog in wording is. Die doel is om vir kinders in dié dorp die beste opvoedingsgeleenthede te bied.

Cornel Smuts, ’n onderwyser aan die Primêre Skool Bergmanshoogte, is die dryfkrag agter die projek en praat met lof oor die ondersteuning uit die gemeenskap. “Ná 13 jaar in die onderwys op Stellenbosch is ek nou op Philippolis, en dit is my droom om beter geleenthede vir ons kinders hier te help bring.

“Wat Saterdag se hardloopprojek betref, glo ek die Vader het my met ’n gesonde liggaam geseën, en ek wil dit gebruik om ander te dien. My atlete by Bergmanshoogte gaan saam draf in spanne wat elke 5 km gaan wissel, en ek weet dit is vir hulle ook opwindend om mee te doen. 

“Ons skoolleuse is nie om dowe neute ‘Ons bou’ nie.

“Baie kinders in Bergmanshoogte het ’n agterstand, en die projek het geen ander doel nie as om hulle op te hef. Met die geld wat ingesamel word, sal skootrekenaars, projektors, witborde vir onderrig in inligtings- en kommunikasietegnologie, netbalklere en bippies gekoop word, asook ’n nuwe skool- en landsvlag.

Die plan is dat die nuwe sentrum so sal lyk. Foto verskaf

“Speelgoed en speelterreintoerusting, sekerheidskameras en ’n alarmstelsel, asook ’n mooi naambord vir die ECD is in beplanning. Kinders van die sentrum moet trots wees op hul skool,” sê Smuts. 

Smuts sê die ECD-sentrum gaan in die ou poskantoorgebou ingerig word, en daar word al kliphard gebreek en gebou. Die plan is dat die sentrum in Januarie 2026 sy deure sal oopmaak.

Enigiemand in OFM se luistergebied of op Philippolis en omgewing wat graag ’n skenking wil maak ter ondersteuning van die Love Philippolis ECD and Community Centre, kan Smuts nader by 082 320 0949. Mense wat wil saamdraf, kan gerus ook van hulle laat hoor.

OFM Nuus/Susan Maré mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.