Central SA
Koop jou Omgiedag-plakker nou!─── 08:36 Wed, 01 Oct 2025
Sponsored08:36 Wed, 01 Oct 2025
ENGO Vrystaat se Omgiedag vind op 31 Oktober plaas. Die tema vir 2025 is KLEUR JOU DROME, so maak gebruik van hierdie geleentheid om jou individualiteit te wys en die wêreld rondom jou op te helder.
Yolanda Maartens het met Engo se gelukbringer, Omgie, gepraat om meer uit te vind. Die amptelike viering vind plaas op Vrydag 31 Oktober, maar jy kan enige dag in Oktober kies om by die pret aan te sluit.
Omgiedag, met trots ondersteun deur OFM, versprei 'n boodskap van vriendelikheid en vier die uniekheid van elke individu.
Besighede
- Skenk R1 500 of meer om ’n sakedeelnamepakket te koop.
- Dra R20 per personeellid by vir Omgie-plakkers.
- Stuur jou plakkervereistes per e-pos na info@engo.co.za.
Skole
- Nooi Omgie uit om gedurende die kwartaal te besoek.
- Kry toegang tot boeiende videomateriaal oor temas soos omgee vir ander, Mandeladag, kinderregte, die verstaan van emosies en die inkleur van jou drome.
- Hou jou eie Omgie-dagvieringe.
- Neem deel aan die inkleurkompetisie.
Plakkers
- Kinders: R10
- Volwassenes: R20
- Elke deelnemer ontvang ’n kleurvolle Omgie-plakker om met trots op die dag te dra. Plakkers is beskikbaar by alle ENGO-programme, kantore, sentrums en Kinder- en Jeugsorgsentrums.
Die fondse wat ingesamel word, sal versprei word aan:
- 33 kinder- en jeugsorgsentrums;
- 10 gesinsorgkantore;
- 20 bejaardesorgsentrums;
- ’n aannemingskantoor;
- hospitaalsorgdienste; en
- ’n sentrum vir mense met gestremdhede.
Vir nog inligting, nader die bemarkingskantoor by 060 548 5543 of by info@engo.co.za.