Central SA
Akademia-sentrum-opedae: Steek die drempel na jou toekoms oor─── 09:25 Mon, 20 Oct 2025
Sponsored09:25 Mon, 20 Oct 2025
Daar is 'n ou gesegde wat lui dat jy nie 'n huis moet koop alvorens jy nie eers self oor die voordeur se drempel gestap het nie. Hierdie brokkie advies is ook van pas as dit kom by die keuse van 'n studietuiste.
Die jaarlikse Akademia-sentrum-opedae bied aan voornemende Fonties* die geleentheid om nie net hulself te vergewis van die instelling se uitgebreide programverskeidenheid nie, maar óók om eerstehands te ervaar wat die dinamiese nauurse afstandsmodel behels.
Die nauurse afstandsmodel, een van die instelling se twee onderrigleermodelle, bied aan studente die geleentheid om stukrag aan hul studiedrome te gee – ongeag ouderdom, lewensfase óf geografiese ligging. Hierdie model is nommerpas vir studente wat hulself reeds in die werksplek gevestig het, of ander belangstellings najaag as byvoorbeeld professionele sportlui of entrepreneurs.
Dit is nog nie te laat om jou studiedrome na te jaag nie! Akademia nooi jou hartlik uit na hul sentrumopedag oor nauurse afstandstudie in Bloemfontein. Danelle Conradie, bemarkingsadviseur by Akademia, sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor hierdie opwindende geleentheid:
Bespreek vandag nog jou plek
Voornemende studente in Bloemfontein kan die volgende datums aanteken en solank hul plek bespreek:
- Bloemfontein | 25 Oktober, 09:00 tot 11:00
- Akademia-sentrum, The Towers-winkelsentrum, Langenhovenpark
Tydens hierdie geleentheid sal belangstellendes in hierdie streke meer oor die aard en wese van die instelling te wete kan kom, asook eerstehands met Akademia-personeel en huidige Fonties kennis te maak.
Die sentrumopedag-program sluit die volgende in:
- 'n Oorsig van Akademia as studietuiste;
- Die verskeie studiemoontlikhede soos vanuit die vyf fakulteite aangebied;
- Hoe klasbywoning daaruit sien;
- Die aansoekproses; en
- 'n Vraag-en-antwoord-sessie.
Landswye sentrumnetwerk
Die instelling se landswye sentrumnetwerk verteenwoordig 'n belangrike ondersteuningstruktuur vir studente wat nauurs oor afstand hul studie aanpak. Hierdie netwerk is spesifiek midde Afrikaanse gemeenskappe gesetel om die voetspoor van toeganklike hoër onderwys te vergroot.
Elke sentrum vervul die rol van 'n akademiese tuiste vir studente in 'n bepaalde gebied, en binne hierdie ruimte word vriendskappe gesmee, netwerke uitgebrei en die nodige logistiese ondersteuning gebied.
Waarvoor wag jy? Steek die drempel na jou studiereis oor, en ervaar self wat Fontie-wees as 'n nauurse afstandstudent behels. Besoek gerus die Akademia-webblad vir meer inligting.
*Fonties verwys na studente wat aan Akademia studeer. Dié eienaam is afgelei uit die instelling se leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne.