On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Central SA

‘Swak bestuur vernietig Noord-Kaapse infrastruktuur’

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 05:40 Sat, 01 Nov 2025

‘Swak bestuur vernietig Noord-Kaapse infrastruktuur’  | News Article
Gizella Opperman. Foto Facebook

Noord-Kaapse paaie se toestand versleg en pasiënte staan in rye buite vervalle klinieke.

Dit is ook kommerwekkend dat kinders in oorvol klaskamers moet sit. ’n Onmiddellike vergadering is aangevra tussen die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) en die provinsiale departement van paaie en openbare werke om die situasie te bespreek.

“Departemente blameer dikwels besparingsmaatreëls en begrotingsbesnoeiings vir hul mislukkings, maar hulle versuim voortdurend om die befondsing te bestee wat vir noodsaaklike dienslewering toegeken is,” sê Gizella Opperman, Noord-Kaapse woordvoerder oor paaie en openbare werke. 

Sy sê terwyl departemente 25% van hul begroting vir infrastruktuur in die eerste drie maande van die finansiële jaar moet bestee, het die Noord-Kaapse departement van gesondheid slegs 9% bestee en die departement van landbou nie 'n enkele sent nie.

Swak bestuur en projekbeplanning

Opperman beklemtoon die probleem is nie ’n tekort aan befondsing nie, maar weens swak bestuur en projekbeplanning. 

“Departemente moet aanspreeklik gehou word vir vertragings, oorskryding van koste en die versuim om infrastruktuurprojekte betyds te voltooi. Inwoners kan nie aanhou ly weens onbestede fondse en wanbestuur nie.” 

Die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke, as bewaarder van provinsiale eiendom, is versoek om aan Skoor ’n gedetailleerde verslag te verskaf oor alle lopende en beplande infrastruktuurprojekte. 

Skriftelike vrae

Opperman het ook skriftelike vrae ingedien om die bestuur van infrastruktuur in die provinsiale departemente van onderwys, gesondheid en landbou te ondersoek.

“Noord-Kaapse inwoners en die provinsiale ekonomie kan dit nie bekostig dat departemente kla oor geldtekorte terwyl hulle nie beskikbare befondsing behoorlik benut nie.”

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cvs dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.