On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte in Glen-kleutermoord 30 dae sielkundig geëvalueer

───   ZENANDE MPAME 16:05 Tue, 04 Nov 2025

Verdagte in Glen-kleutermoord 30 dae sielkundig geëvalueer  | News Article
Verdagte in Glen-kleutermoord 30 dae sielkundig geëvalueer. Foto: Bloemfontein Courant

Die vermeende moordenaar en verkragter van ’n driejarige van Glen kom na verwagting weer vroeg Desember voor in die Bloemfonteinse landdroshof.

Die 30-jarige is verwys vir ’n maandlange sielkundige evaluasie in die Vrystaatse psigiatriese hospitaal. Hy het in polisieaanhouding gebly ná sy hofverskyning Dinsdag (4/11).

Die verdagte, wie se naam nie bekendgemaak mag woord tot hy gepleit het nie, is in hegtenis geneem in verband met die moord op en seksuele aanranding van klein Katleho Leeuw. Die verdagte het sy borgtogaansoek laat vaar en het nie toestemming gegee dat die media sy foto neem nie. 

Die landdros het daarop gewys hy is, volgens sy huisarts se aanbeveling, nie by sy volle verstand is nie; daarom is die media se aansoek om foto’s te neem opsy gesit hangende die uitslag van die 30 dae lange evaluasie.

Katleho se begrafnis is Dinsdag in Glen gehou, nadat haar liggaam in ’n bos naby die nedersetting Glen ontdek is ná ’n drie dae lange soektog. Haar liggaam is deur ’n verbyganger gevind ná dae se angstige soektogte. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat Katleho seksueel aangerand en vermoor is.

Lede van die ANC-vroueliga, saam met premier MaQueen Letsoha Mathae en Elzabe Rockman, LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, was teenwoordig.

Lede van die ANC-vroueliga, saam met premier MaQueen Letsoha Mathae en Elzabe Rockman, LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in die hof. Foto: Zenande Mpame

“Hierdie voorval in Glen oorskry na my mening wat ons as gesinsgeweld ken; dit was bloot boosheid,” het Rockman gesê. “Om ’n driejarige aan verkragting en moord bloot te stel …

“Dit beklemtoon regtig hoe boos en siek sommige elemente in ons samelewing is. Jy kan opvoed, bewusmaking doen, betoog, hof toe gaan en al hierdie dinge doen, maar dit verg net een bose mens.

“Dit was opsetlik; die kind is uit ’n groep geneem waar sy saam met ander gespeel het. Dit het nie toevallig gebeur nie. 

Beplan en doelbewus uitgevoer

“Hierdie dinge gebeur nie per ongeluk nie; dit word beplan en doelbewus uitgevoer. Ons kan dit in die sterkste moontlike terme veroordeel, maar dit is aan ons regstelsel om te begin om voorbeelde van hierdie oortreders te stel en hulle uit die samelewing te verwyder,” het sy gesê.

By die verdagte se eerste hofverskyning is dit onthul dat hy in 2018 aan statutêre verkragting skuldig bevind is en ’n vyf jaar opgeskorte vonnis gekry het. Daar is ook ’n beskermingsbevel teen hom.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.