On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Man binnekort in hof ná aanval op bejaarde egpaar in Upington

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:49 Sun, 16 Nov 2025

Man binnekort in hof ná aanval op bejaarde egpaar in Upington  | News Article
Die brandweer besig om die brand by die egpaar se huis te blus. Foto: Anthoney Allen

’n Noord-Kaapse man sal Maandag (17/11) in die hof verskyn nadat ’n bejaarde man dood en sy vrou ernstig beseer is tydens 'n aanval by hul huis.

Die verdagte (36) is Saterdag (15/11) ná ’n intensiewe soektog in hegtenis geneem. Hennie (82) en Debbie Muller (72) van Oosterville, Upington, is in die vroeë oggendure in hul huis aangeval, sê sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

Items van die egpaar is na bewering in sy besit gevind. Masegala sê die polisie het verskeie leidrade opgevolg wat hulle na die verdagte se woning gelei het. 

Huis aan brand

“Hul bure het opgemerk die egpaar se huis is aan die brand en die polisie gekontak. “Die man is in sy bed met veelvuldige steekwonde gevind en is op die toneel dood verklaar. Sy vrou is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.” 

’n Saak van moord, poging tot moord, inbraak en brandstigting is aanhangig gemaak. 

Gemeenskap speel belangrike rol 

Genl. maj. Monica Sebili, distrikskommissaris, veroordeel die “sinnelose en gewelddadige aanval” op die bejaarde egpaar en het die vinnige reaksie van die polisie geprys.

“Die gemeenskap het ’n belangrike rol gespeel. Hul waaksaamheid en samewerking was instrumenteel om ’n vinnige inhegtenisneming te verseker,” sê Masegela.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of WhatsApp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.