On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Ramaphosa beloof hupstoot vir boubedryf, optrede teen ‘mafia’

───   REFILWE BEKANE 13:00 Mon, 17 Nov 2025

Ramaphosa beloof hupstoot vir boubedryf, optrede teen ‘mafia’ | News Article
Die departement van openbare werke en infrastruktuur het die Suid-Afrikaanse Konstruksie-aksieplan aangekondig. Foto: Kantoor van die president

Die bousektor betree ’n fase van potensiële vooruitgang danksy die staat se groot uitbreidingsplanne.

Pres. Cyril Ramaphosa het die konstruksiebedryf ingelig die land wil hom toespits op beter infrastruktuur. Die regering wil die bedryf in staat te stel om groot en betekenisvolle instellings en strukture te bou.

Hy was die hoofspreker op vanjaar se Nasionale Konstruksieberaad, wat by die Birchwood Hotel in Boksburg, Gauteng, gehou is. 

Die regering het R1 triljoen toegewys en stelsels en ’n skeppende omgewing geïmplementeer sodat die bedryf kan floreer, sê Ramaphosa. 

">

“Die doel van hierdie beraad is om te verseker dat die beleggings waaroor ons praat en die hervormings wat ons nou aangepak het, veral in die netwerkbedrywe, die land inderdaad in ’n massiewe bouperseel omskep.”

Die beraad is op die hoogte gebring van pogings om die boubedryfmafia te bekamp en ontwrigtings op boupersele uit te skakel. Hy het vordering deur gemeenskappe, die polisiediens en rolspelers in die sektor bevestig in optrede teen diegene wat die bedryf terughou. 

Die regering het oorlog verklaar teen die konstruksiemafias en sal nie onderhandel met of toegee aan kabeldiewe of infrastruktuurvandale nie.

MEC Dibolelo Mance by die konstruksieberaad. Foto:Vrystaatse departement van openbare werke en infrastruktuur

Diegene wat hierdie oortredings pleeg, sal in hegtenis geneem en vervolg word. “Hulle hoort nêrens anders nie; hulle hoort agter tralies,” sê Ramaphosa.

Intussen het die departement van openbare werke en infrastruktuur onlangs die Suid-Afrikaanse Konstruksie-aksieplan aangekondig, wat ’n raamwerk daarstel vir kollektiewe en individuele aanspreeklikheid. Dit stel meetbare teikens met tydlyne en afdwingbare gevolge.

Die plan skets optrede om te verhoed kontrakteurs wat onderpresteer, kry nuwe kontrakte van die staat. Dit is ook daarop gemik om kontantvloeibeperkings die hoof te bied en tegnologie te gebruik om projekte intyds na te spoor.

‘Ons het oorlog teen die boubedryfmafias verklaar en hulle sal ons nie stuit nie’

Die doelwit is om te verseker projekte begin betyds, binne begroting, sonder vermorsing en sonder kosteoorskrydings en word ook so afgehandel. 

Elke departement van openbare werke sal ’n “verkrygingsoorlogskantoor” stig om evaluasies te bespoedig en projekte te laat realiseer.

“Ons het oorlog teen die boubedryfmafias verklaar en hulle sal ons nie stuit nie. Ek is tevrede en word bemoedig deur die vordering wat ons maak,” sê Ramaphosa.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM News/Refilwe Bekane



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.