On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Hulp versoek om Kathu-meisie (9) op te spoor

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:01 Tue, 18 Nov 2025

Hulp versoek om Kathu-meisie (9) op te spoor | News Article
Die vermiste Mihlali Khanyiso Ludaba. Foto verskaf

Die polisie in die Noord-Kaap vra inwoners moet help soek na ’n meisie van Kathu wat al drie dae vermis word.

Mihlali Khanyiso Ludaba (9) word sedert Vrydag (14/11) vermis. Sy is glo deur ’n familielid by haar skool op die dorp opgelaai. “Sy is moontlik in Bloemfontein,” sê Mashay Gamieldien, provinsiale polisiewoordvoerder.

Volgens haar ma het sy Mihlali Vrydagoggend laas gesien toe sy reggemaak het vir skool. “Maar toe sy om 14:55 van die werk af tuiskom, was Mihlali nie daar nie,” sê Gamaldien. “Sy het onmiddellik die busbestuurder gekontak, wat gesê het iemand anders het haar reeds by die skool opgelaai.”

Die saak word deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GVS) hanteer.

Enigiemand wat Mihlali moontlik gesien het, kan die ondersoekbeampte, kapt. Pulane Mochonyane, by 076 021 3336 kontak, Stop Misdaad by 08600 10111 bel of die MySAPS-app gebruik.

Geen wagtydperk

Die Noord-Kaapse polisie herinner die publiek daar is geen wagtydperk om ’n persoon as vermis aan te meld nie. Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms. Die volgende kan help:

  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
  • Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste persoon woon, die klere wat hy/sy aan gehad het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Vul ’n polisie 55(A)-vorm in en onderteken dit. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en magtig hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede, en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar word direk aan hom of haar.
  • As ’n vermiste gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n Polisie 92-vorm moet ingevul word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel, sodat die vermiste persoon se verslag uit die verspreidingstelsel gehaal kan word.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cvs


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.