On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Chubby Chick: Mededirekteur toon effense verbetering ná skietery

───   ZENANDE MPAME 08:44 Sun, 23 Nov 2025

Chubby Chick: Mededirekteur toon effense verbetering ná skietery | News Article
Die Fourie-familie. Foto verskaf

Die mededirekteur van Chubby Chick in Potchefstroom herstel goed in die hospitaal nadat hy en sy broer vroeër die maand in die maatskappy se kantoor in die nywerheidsgebied geskiet is.

Na bewering reageer Deon Fourie (55) op sy vrou, Gina, se stem en probeer praat. In ’n plasing op Facebook word dit beskou as ’n groot stap vorentoe, maar dit is nog ’n lang herstelpad. 

“Ons is dankbaar vir al die gebede, liefde en ondersteuning.”

Hy is kort ná die skietery per helikopter na ’n Gautengse hospitaal geneem waar hy ’n noodoperasie ondergaan het. Hy is Donderdag (20/11) weer geopereer


’n Kersligdiens is Woensdag (11/11) vir sy broer, Johnathan (52), by die maatskappy se kantoor gehou. Dit is deur familie, personeel, sakelui en lede van die gemeenskap bygewoon.

Robert Joubert (73) wat glo Johnathan doodgeskiet en Deon ernstig gewond het sal na verwagting eers op 11 Desember in die hof verskyn. 

Die saak het Woensdag (19/11) in sy afwesigheid in die distrikshof voortgegaan. Hy word onder polisiebewaking in die Potchefstroom Provinsiale Hospitaal behandel nadat hy kort ná die skietery in albei arms geskiet is.

Robert Joubert (73)  sal moontlik op 11 Desember in die hof verskyn. Foto: Facebook 

Die Fourie-familie besit al jare lank die hoendermaatskappy en die broers het die onderneming oorgeneem ná hul pa, John, se afsterwe.

Die maatskappy sê in ’n verklaring die broers en Joubert het glo oor ’n eiendomstransaksie vergader. Joubert het die perseel ná die vergadering verlaat, maar ná sowat ’n halfuur teruggekeer.

Deon is in die raadsaal geskiet, maar kon hulp ontbied. Sy broer, Johnathan, het gehardloop om te help, maar is doodgeskiet. 

“Veiligheidswagte het kort daarna opgedaag. Joubert is tydens dié skietery gewond,” sê Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.