On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

12 uur lange kragonderbreking Ventersdorp se voorland

───   12:00 Thu, 27 Nov 2025

12 uur lange kragonderbreking Ventersdorp se voorland | News Article
Die primêre taak behels die installering en inbedryfstelling van ’n nuwe 11kV brekerpaneel by Ventersdorp se hoofinlaat-substasie. Foto:Freepik

JB Marks-munisipaliteit beplan om Ventersdorp en omstreke se krag Woensdag (3/12) af te skakel vir noodsaaklike werk aan die hoofsubstasie en die inbedryfstelling van ’n nuwe kraglyn.

’n Groot verskeidenheid gebiede se krag sal van 06:00 tot 18:00 afgeskakel word wat inwoners, ondernemings en landboubedrywighede sal affekteer. Die gebied sluit in Ventersdorp se middedorp en woonbuurte, Tshing, Toevlug, Moosa Park, Boikhutso, Boikhutsong en Appeldraai. 

Sommige omliggende plaasgemeenskappe sal ook geraak word.

Redes vir instandhouding

JB Marks sê die 12 uur lange onderbreking is noodsaaklik vir twee groot infrastruktuurprojekte. Die primêre taak behels die installering en inbedryfstelling van ’n nuwe 11 kV-brekerpaneel in Ventersdorp se hooftoevoersubstasie. 

Dis ’n noodsaaklike komponent vir die doeltreffende bestuur en beskerming van die plaaslike netwerk.

Die JB Marks-munisipaliteit vra inwoners en ondernemings wat geraak word om te beplan vir die onderbreking. Foto:Freepik

“Die werk sluit in die koppeling van ’n nuwe breker aan die bestaande paneelbord. Vir die veiligheid van alle operateurs, sal die hele substasie afgeskakel word vir die duur van die werke. Inwoners word dus aangeraai dat elektrisiteit moontlik vroeër as die geskeduleerde tyd herstel kan word.“ 

Die munisipaliteit beklemtoon weens die hoëspanning-aard en ingewikkeldheid van die prosedure moet die hele substasie afgeskakel word ter wille van die operateurs se veiligheid.

Openbare advies en veiligheidskennisgewing

JB Marks vra inwoners en ondernemings wat geraak word om te beplan vir die onderbreking. Hy vra verskoning vir enige ongerief.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.