On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste Noord-Kapenaar ná week gevind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:03 Fri, 12 Dec 2025

Vermiste Noord-Kapenaar ná week gevind | News Article
Ichrene Savada Sussana Windstaan. Foto verskaf

Die polisie in die Noord-Kaap bedank almal wat gehelp het om ’n vermiste vrou ná tien dae op te spoor.

Ichrene Savada Sussana Windstaan is Donderdag (11/12) ongedeerd gevind danksy die publiek se hulp. Sy is op 2 Desember laas gesien.

Windstaan (40)  is in die woonbuurt Rosedale op Upington opgespoor, sê sers. Omphile Masegela, provinsiale polisiewoordvoerder. Sy spreek die polisie se waardering uit vir gemeenskapslede wat deurgaans die polisie se soektog ondersteun en bystaan.

Die publiek word versoek om hierdie feestyd veiligheid voor oë te hou deur veral hul kinders op te pas en veiligheidsmaatreëls te tref, sê Masegela.

Intussen soek die Vrystaatse polisie na Clint Keith Davis (55), wat sedert Sondag (7/12) vermis word, sê sers. Palesa Thabana, provinsiale polisiewoordvoerder.

Clint Keith Davis. Foto verskaf

“Davis is laas omstreeks 22:00 opgemerk waar hy in Bedelia geloop het. Niemand het hom sedertdien gewaar of van hom gehoor nie. Pogings om hom op te spoor, was tevergeefs.”

Davis is lank en het talle tatoes. Dit is onbekend wat hy aangehad het toe hy verdwyn het.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot sy opsporing, kan sers. Mohau Manake, ondersoekbeampte, by 065 853 0130 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Op Winburg vra die polisie steeds die publiek se hulp om Maditaba Eunice Mokhele (62) op te spoor. Sy is Maandag as vermis aangemeld.

Maditaba is Sondag omstreeks 17:45 laas gesien, sê Thabana. “Sy het na bewering die huis verlaat sonder om vir enigiemand te sê waarheen sy gaan.”

Maditaba Eunice Mokhele. Foto verskaf

Sy het ’n wit T-hemp, grys baadjie, swart romp en wit tekkies aangehad.

Enigiemand wat weet waar sy is moet konst. Siyabonga Letebele van Winburg se speurafdeling by 082 466 7678 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Anonieme wenke kan ook gestuur word via die MySAPS-app vanaf ’n slimfoon.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.