On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic James
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Twee tienerseuns van Bloemfontein word vermis

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:28 Tue, 16 Dec 2025

Twee tienerseuns van Bloemfontein word vermis | News Article
Die twee vermiste vriende. Foto: SAPD

Die polisie doen ’n dringende beroep op die publiek om hulle te help in hul soektog na twee vermiste tienerseuns.

Die twee vriende van die Kagisanong-gebied is sedert die naweek vermis. Daar word beweer hulle het saam verdwyn .

Keamohetswe Ramotsie (14) is Sondag (14/12) laas gesien toe sy ma die oggend hul huis in Albert Luthuli, Rocklands, verlaat het om te gaan werk. Toe sy terugkom het sy ontdek Keamohetswe is weg, sê sers. Mahlomola Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder.

Verdwyning

“Sy het dadelik na hom begin soek en sy vriende gekontak. Sy het gehoor Keamohetswe het na bewering saam met sy vriend Kamohelo Finger (16) verdwyn.”

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Bloemfontein het die ondersoek oorgeneem en versoek enigiemand met inligting oor die seuns om na vore te kom. 

Enigeen met inligting kan Nikiwe Mokatsanyane, ondersoekbeampte, by 082 453 0815 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Clint Keith Davis. Foto verskaf 

Intussen soek die Vrystaatse polisie steeds na Clint Keith Davis (55) wat sedert Sondag (7/12) vermis word, sê sers. Palesa Thabana, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Davis is laas omstreeks 22:00 in Bedelia, Welkom gesien loop. Niemand het hom sedertdien gesien of van hom gehoor nie.” 

Davis is lank en het verskeie tatoeëermerke. Dit is onbekend wat hy ten tyde van sy verdwyning aangehad het.

Enigiemand met inligting kan sers. Mohau Manake, ondersoekbeampte, by 065 853 0130 of StopMisdaad by 08600 10111 bel.

In Winburg versoek die polisie ook die publiek se hulp om Maditaba Eunice Mokhele (62) op te spoor. Sy is Maandag as vermis aangemeld.

Maditaba Eunice Mokhele. Foto verskaf

Maditaba is Sondag omstreeks 17:45 laas gesien.

“Sy het na bewering die huis verlaat sonder om enigiemand in te lig waarheen sy gaan.” Sy het ’n wit T-hemp, ligte baadjie, swart romp en wit tekkies aangehad.

Konst. Siyabonga Letebele van Winburg se speurafdeling se kontaknommer is 082 4667678. Anonieme wenke kan ook gestuur word via die MySaps-app vanaf ’n slimfoon.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.