Central SA
Noord-Kaap verwelkom 245 mediese interns─── 11:39 Sun, 04 Jan 2026
Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het Vrydag (2/1) 245 mediese gesondheidsorgpersoneel verwelkom wat hul verpligte internskap- en gemeenskapsdiens by hospitale oor die provinsie heen gaan doen.
Dr. Alastair Kantani, waarnemende hoof, sê die nuwe personeel sal die las op die gesondheidsorgstelsel in die provinsie verlig. “Dit vul die gapings wat ons in ons stelsel het,” het hy aan SABC News gesê.
“Ons is altyd opgewonde oor hierdie tyd van die jaar, want ons kry ’n redelike groot aantal wat daardie leë vakante poste kan vul.”

Die mediese interns word by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley verwelkom. Foto: Facebook
“Hierdie inname verteenwoordig ’n belangrike stap in die versterking van beide hospitale se dienslewering en ons verbintenis tot die opleiding van die volgende generasie mediese praktisyns,” sê die departement op Facebook.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.
OFM Nuus dg 
